Clegg 'stomgeslaan' toe hy liedjie eerste keer hoor
"Ek is stomgeslaan, baie dankie! Dit is 'n ongelooflike oomblik dat so baie van my portuurgroep erkenning gee aan die lied en sy sentimente, en dat hulle dit kan gebruik om iets wat baie groter as ons almal is te bevorder."
Met hierdie woorde het die sanger Johnny Clegg gereageer toe vriende hom onlangs in Kaapstad verras het met ’n besonderse geskenk – ’n opname van sy lied “The Crossing” deur meer as 50 kunstenaars.
En dié lys kunstenaars is nie sommerso nie. Dit sluit in Peter Gabriel, David Kramer, Arno Carstens, Gloria Bosman, Dave Matthews, Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Francois van Coke, Karen Zoid, Dorothy Masuka en Kurt Darren.
Carien Loubser, regisseur van die projek om die lied op te neem, sê dit is ongelooflik hoe daar uiteindelik 128 mense (musikante en die tegniese spanlede) saamgewerk het. “Dit wys net hoe geliefd Clegg is en hoeveel respek daar vir hom is in die Suid-Afrikaanse musiekgemeenskap.”
Sy sê die Friends of Johnny Clegg-projek is ’n mooi boodskap oor waaroor die lewe eintlik gaan – wanneer mense saamstaan, vorm dit ’n onkeerbare en doelbewuste energie.
Dit wys net hoe geliefd Clegg is en hoeveel respek daar vir hom is in die Suid-Afrikaanse musiekgemeenskap.
Clegg het nie geweet van die opname nie en hy het dit by ’n klein private onthaal by die Ellerman House-boetiekhotel in Bantrybaai in Kaapstad vir die eerste keer gehoor.
Paul Bruce-Brand, hoofbestuurder van Ellerman House, wat die idee vir die opname gekry het en die dryfveer daaragter was, sê Clegg het ’n lewensverhaal vol emosionele ervarings van swaarkry en wroeging, maar hy straal steeds ’n oorheersende energie van vreugde, humor, hoop en passie vir die land uit.
Ellerman House is bekend vir die private sessies wat musikante hier aanbied.
Behalwe vir die musiekvideo wat bekend gestel is, is ’n fonds ook gestig waarin die inkomste wat verkry word wanneer mense die liedjie van die internet aflaai inbetaal sal word. Die fonds, bekend as die Friends of Johnny Clegg-fonds, sal die geld wat gegenereer word, gebruik om jong leerlinge met ’n spesiale aanlyn-opleidingsprogram by te staan. Leerlinge word juis gehelp omdat die toekoms van die jeug van Suid-Afrika vir Clegg na aan die hart lê.
David Kramer sê dit is ’n eer en voorreg om saam met Clegg te kon werk en hom as vriend te ken.
Op sy beurt sê Dave Matthews Clegg se Juluka het kultuur en musiek gemeng op ’n manier wat nooit tevore gesien is nie en wat mure tussen mense afgebreek het.
Karen Zoid sê om aan dié projek te kon werk, was vir haar een van die grootste ere in haar loopbaan. “ ‘The Crossing’ is ’n liedjie wat gaan oor waagmoed, aanvaarding en die krag om met die liefde binne-in jou deur moeilike tye te kom en in die toekoms in te beur,” sê Zoid. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie