Clicks vier 50ste jaar met stewige syfers
Hanlie Stadler
Die Clicks-groep, wat in Augustus sy 50ste verjaardag vier, is besig om markaandeel te wen met die verkope van alle kategorieë gesondheids- en skoonheidsprodukte.
Die groep, wat benewens Clicks-winkels ook The Body Shop, GNC, Claire’s en Musica insluit, sê kleinhandelverkope was in die ses maande tot einde Februarie 13,2% hoër as in dieselfde ses maande van die vorige boekjaar.
In winkels wat ook in die vergelykbare halfjaar oop was, het verkope met 7,2% gestyg.
Dié stygings kom ondanks prysstygings van net 2,6%, wat beteken aansienlik meer produkte het van die rakke af gevlieg.
Verkope van gesondheids- en skoonheidsprodukte, wat dus Musica uitsluit, het selfs met méér, 14,3%, gestyg.
Clicks sê Kersverkope en afslagpromosies het verkope aangehelp.
Die groep het ook byna 950 000 nuwe lede vir die Clicks ClubCard-loljaliteitsprogram gewerf, wat die totale getal lede op nagenoeg 7,5 miljoen te staan bring. Klubkaartlede bestee beduidend meer as nie-lede.
Die omset van Clicks se farmaseutiese groothandelaar, UPD, het met 10,8% gestyg.
Clicks het die afgelope ses maande 24 nuwe winkels geopen en het nou 646 winkels. Daar is 20 nuwe Clicks-apteke vir ’n totaal van 493.
David Kneale, uitvoerende hoof, sê in die Sens-verklaring oor die resultate dit lyk asof verbruikersvertroue aan die verbeter is, maar dis nog te vroeg om te sê of verbruikers se besteebare inkomste ook gaan styg.
Die groep voorspel ’n styging van tussen 12% en 17% in sy inkomste vir die voljaar tot Augustus.
Clicks se aandeelprys het kort ná die opening van die JSE effens, met 0,18%, tot R195,28 gedaal. – Netwerk24
KASSIE:
In syfers:
· Groepomset styg met 10% tot R14,4 miljard.
· Verwaterde wesensverdienste per aandeel styg met 14,8% tot 266,3c.
· Bedryfswins styg met 12,2% tot R942 miljoen.
· Bedryfswinsgrens styg van 6,4% tot 6,5%.
· Dividend styg met 16,5% tot 102,5c per aandeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie