Clint en Steffi positief nu00e1 rooftog
Clint en Steffi positief nu00e1 rooftog

Clint en Steffi positief ná rooftog

Die samelewing skep misdadigers, sê 'n bekende akteur.
Denver Kisting
Denver Kisting - Die bekende akteur en sanger Clint Brink en sy vrou, die oud-mej. Namibië Steffi van Wyk-Brink, se duisende volgelinge en aanhangers het opnuut bewonde­ring vir dié glanspaar.

Dít kom ná die paartjie se positiewe boodskappe in die sosiale media nadat hulle Woensdagaand 'n gewapende rooftog oorleef het in Midrand in Johannesburg, waar hulle woon.

Die voorval het na wat berig word by 'n vulstasie plaasgevind toe die Brinks saam met ander klante deur die rowers aangehou is.

Brink het Donderdag aan Republikein gesê: “Ons is orraait, dankie man. Darem ongeskend van die voorval af weggeloop.”

Op sy Instagram-profiel het hy almal bedank wat oor hul welstand besorg was.

Volgens hom het iemand in 'n bood­skap gevra of hy kwaad is vir die gewapende mans “waarop ek geantwoord het 'nee'. Die manier hoe ek dit sien, is dat die sonde van een bydra tot die sonde van almal. Ons maak mense só deur nie goeie pa's, ma's, broers, susters, vriende en goeie voorbeelde van mense te wees nie.

“Ons laat ontstaan sulke situasies weens gierigheid en deur nie om te gee vir armoede nie, ons oë te sluit vir ons gulsigheid, afguns, jaloesie, toorn (en) luiheid. Ons moedig sulke gedrag aan deur gevul te wees met trots, en materialisties, rassisties, seksisties, egogedrewe, klassisties en arrogant van aard te wees.”

Volgelinge was van mening dat dié opbouende gesindheid waarskynlik hul lewe help red het.

Op haar beurt sê Steffi omdat dit die eerste keer was wat sy ten prooi geval het van 'n gewapende rooftog, moes sy 'n paar keer tydens die voorval haar oë knip om haar van die werklikheid daarvan te oortuig.

Sy sê hulle het in daardie stadium pas doodmoeg uit die gim gekom en haar energievlakke was laag. “En die enigste woorde wat ek kon uiter, was: 'Jesus, help asseblief.' Hoeveel van ons uiter net daardie woorde wanneer ons in sulke situasies is? Miskien was ons net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd, maar miskien was ons op die regte plek op die regte tyd. Hoewel dit 'n senutergende ervaring was om 'n gewetenlose misdadiger sy pistool te sien uitpluk, het ek steeds 'n wolk van God se vrede en sy magtige genade oor ons voel hang.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!