Clooney se beursie loop oor van tequila
Clooney se beursie loop oor van tequila

Clooney se beursie loop oor van tequila

Elvira Wood - George Clooney, bekend vir sy rol as akteur in rolprente soos die Oceans-reeks, het die afgelope jaar ’n yslike $239 miljoen (voor belasting) verdien.

En nee, dit was nie uit rolprente nie.

Die BBC berig in die jaar tot einde Mei 2018 was dit eerder hardehout, oftewel tequila, wat hom een van die bes betaalde bekendes in die wêreld gemaak het.

Volgens die tydskrif Forbes se jaarlikse lys van hoeveel bekendes verdien, het Clooney ’n groot deel van sy inkomste verdien toe hy en sy twee vriende, Rande Gerber en Mike Meldman, hul maatskappy Casamigos Tequila aan Diageo verkoop het.

Dié transaksie was ’n tamaai $1 miljard werd.

Benewens tequila is Clooney bekend daarvoor dat hy die koffiereus Nespresso verteenwoordig.

Die tien bekendes wat die meeste geld in die jaar tot einde Mei 2018 verdien het is as volg:

· Floyd Mayweather (bokser): $285 miljoen

· George Clooney (akteur): $239 miljoen

· Kylie Jenner (model): $166,5 miljoen

· Judy Sheindlin (prokureur): $147 miljoen

· Dwayne (The Rock) Johnson (akteur): $124 miljoen

· U2 (musiekgroep): $118 miljoen

· Coldplay (musiekgroep): $115,5 miljoen

· Lionel Messi (sokkerspeler): $111 miljoen

· Ed Sheeran (sanger): $110 miljoen

· Cristiano Ronaldo (sokkerspeler): $108 miljoen. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!