Clooney vra Mianmar om joernaliste vry te laat
Clooney vra Mianmar om joernaliste vry te laat

Clooney vra Mianmar om joernaliste vry te laat

Amal Clooney, menseregteprokureur en vrou van die akteur George Clooney, het die regering van Mianmar gevra om die twee joernaliste van die nuusagentskap Reuters, wat in dié land tronk toe gestuur is, kwyt te skeld en vry te laat.

Hulle is albei tot sewe jaar dwangarbeid gevonnis.

Clooney, wat deel is van die twee se span regsverteenwoordigers, het gepraat op ’n VN-geleentheid om mediavryheid te vier en gesê die joernaliste se gesinne het ’n brief aan die regering van Mianmar geskryf en die burgerregteleier Aoeng San Soe Kji gesmeek om die proses te help fasiliteer.

Soe Kji het egter vroeër laat blyk sy meen die vonnis het niks met vryheid van spraak te doen nie.

Wa Lone (32) en Kjaw Soe Oo (28) is skuldig bevind ingevolge die veiligheidswet van 1923.

ROHINGIAS

Hul inhegtenisneming spruit uit hul ondersoek na die massamoord op die Rohingias, ’n minderheidsgroep, en ander vergrype deur soldate en die polisie in Inn Din, ’n

dorpie in Rachine in die weste van Mianmar.

Volgens Clooney sal Mianmar se pres. Win Myint met Soe Kji konsulteer voordat op kwytskelding besluit word.

In ’n boodskap aan Soe Kji, het Clooney gesê: “Jy het soveel jare geveg om uit dieselfde tronk bevry te word as waar dié twee vandag sit. Jy het nou die mag om dié onreg om te keer as jy sou wou.”

’n Afvaardiging van Mianmar by die VN het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

’n Woordvoerder vir die Mianmar-regering het gesê die hof is onafhanklik van die staat en het die korrekte prosedure in die saak gevolg. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!