Clover se aandeelprys val ná herstrukturering
Boere sal nou voortaan die pryse self vasstel.
Vida Booysen - Die suiwelreus Clover, wat ook op die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer is, se aandeelprys het gisteroggend met 4% tot R16,30 geval ná 'n aankondiging dat sy herstrukturering voltooi is.
Die maatskappy plaas die beheer van sy melkverhandeling weer in die hande van die suiwelboere wat aan hom melk verskaf.
As deel van 'n herstruktureringsproses het Clover 'n volfiliaal, Dairy Farmers of South Africa (DFSA), gestig om dié deel van sy bedrywighede oor te neem. Die sakeooreenkoms tussen die twee maatskappye het op 1 April vanjaar van krag geword.
In ruil vir die oordrag van Clover se melkverhandeling na DFSA, het laasgenoemde aandele aan Clover uitgereik.
Clover het gister aangekondig dat die toewysing van B-aandele in DFSA aan die melkprodusente van 1 Julie vanjaar ingestel is. “Die melkprodusente hou nou 74% van die stemreg van DFSA en Clover besit al die A-aandele in DFSA, wat 26% van sy stemreg verteenwoordig,” verduidelik die maatskappy in 'n verklaring op Sens.
Onsekerheid
In Maart het Johann Vorster, uitvoerende hoof van Clover, verduidelik dat die skep van DFSA melkprodusente help om meer in beheer van pryse te wees en ook om die onsekerheid in die mark oor die prysvasstelling van roumelk aan te pak.
“Daar was 'n wanpersepsie dat Clover die prys van roumelk vasstel. Aandeelhouers het gemeen die prys bevoordeel produsente ten koste van winsgewendheid, terwyl produsente weer geglo het hulle boet in ten koste van aandeelhouerwins.
Boere sal nou voortaan die pryse self vasstel. Die model is nou ingrypend anders. Boere gaan die pryse bepaal en Clover word die prysnemer.”
Clover is in die huidige boekjaar vasgevang tussen stygende roumelkpryse weens die droogte en geknelde verbruikers wat nie kans gesien het om hoër pryse vir melk en suiwelprodukte te betaal nie – weens 'n ekonomie wat sukkel om vooruit te kom.
Die groep se algehele inkomste het met 2,1% tot R5,1 miljard gegroei in die ses maande tot einde Desember, maar sy wins ná belasting het met 9,6% tot R198 miljoen afgeneem in dieselfde tydperk.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie