Clover voel droogte steeds aan sy sak
Clover voel droogte steeds aan sy sak

Clover voel droogte steeds aan sy sak

Jo-Mare Duddy Booysen
Elvira Wood - Clover kan steeds die nadraai van die droogte en druk op verbruikersbesteding aan sy sak voel.

Die maatskappy wat gister sy halfjaarresultate tot einde Desember op Sens bekend gemaak het, sê boonop het die koeler en natter feestyd verdere druk op verkope geplaas.

Sy inkomste het wel met 2,1% tot R5,1 miljard gestyg, maar sy bedryfswins het met 5,2% tot R322,7 miljoen gedaal.

'n Tussentydse dividend van 24,2c per aandeel is verklaar.

“Die groep moes die uitdaging om die styging in sy verkooppryse om inflasie teen te werk met die bykomende verantwoordelikheid om nie net sy eie melkbron nie maar ook die langtermynvolhoubaarheid van die mark gegee die ernstige droogte in die vorige seisoen balanseer,” sê die groep in die verklaring.

Volgens Clover moes hy die prys van onverwerkte melk verder verhoog en hoewel verkooppryse tot meer realistiese pryse teruggekeer het, het dit verkoopsvolumes onder druk geplaas.

Met die aanbreek van die piekseisoen vir melkproduksie in Augustus het verkooppryse relatief laag gebly in verhouding met die maatskappy se verkoopprys wat hy erken op 'n hoogtepunt is.

“Clover moes afslag op sekere produkgroepe bied om sy markaandeel te beskerm.”

Die verlies aan hoofinkomste in vorige tydperke is grootliks teengewerk deur 'n toename in die verkoop van nuwe produkte, asook 'n nuwe kontrak wat gesluit is. Die langdurige droogte, hoofsaaklik in die Hoëveld en KwaZulu-Natal, het tot hoër veevoerpryse gelei weens 'n mielietekort en die skaarsheid van goeie gehalte ruvoer.

Duurder veevoer het tot laer onverwerkte melkproduksie gelei wat Clover gedwing het om prysstygings aan produsente oor te dra om die primêre sektor te beskerm.

Volgens Clover was melkproduksie in Desember 0,9% hoër as 'n jaar gelede, maar die totale produksie vir verlede jaar was ongeveer 1,4% minder as in 2015.

Die beskikbaarheid van melk om aan die geraamde vraag te voldoen gaan steeds 'n uitdaging wees hoewel die verbeterde melkvloei gedurende die lente en somer die marktoestande vir die komende winter bepaal.

Die wisselvalligheid van die rand-dollar-wisselkoers, asook die prys van Brent-ruolie het Clover laat besluit om die prys wat hy vir diesel betaal vir die volle finansiële jaar te verskans.

Clover se aandeelprys het gister teen R19,13 op die JSE en die Namibiese aandelebeurs (NSX) begin verhandel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!