CNN dagvaar Trump nu00e1 onderonsie met joernalis
CNN dagvaar Trump nu00e1 onderonsie met joernalis

CNN dagvaar Trump ná onderonsie met joernalis

Verskeie faktore word genoem in 'n hofgeding wat CNN genoop het om die administrasie van pres. Donald Trump van Amerika te dagvaar, berig SkyNews.

Dit volg nadat Trump by herhaling dié nuusdiens aangeval het en gesê het hulle berig net fopnuus. In die mees onlangse geval het hy en die CNN-verslaggewer Jim Acosta 'n onderonsie gehad nadat Trump nie Acosta se vrae op 'n nuuskonferensie wou beantwoord nie.

Acosta wou op die nuuskonferensie in die Withuis weet waarom Trump vrese aanwakker oor die migrante wat deur Mexiko beweeg.

Daarna is Acosta se akkreditasie weggeneem en Trump het hom die Withuis verbied.

Die dagvaarding is Dinsdag gebring om Acosta se akkreditasie te herstel en hom toegang tot die Withuis te gee.

Sarah Sanders, mediasekretaris van die Withuis, het 'n gedokterde video getwiet waarin daar beweer word Acosta se akkreditasie is weggeneem omdat hy 'n Withuis-intern betas het, hoewel hy eintlik net beheer oor die mikrofoon wou behou om Trump te noop om sy vrae te beantwoord.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!