Coastal Pirates bly oorheersende klub

Die Swakopmunders het ses uit die nege kompeterende kategorieë gewen.
Die Namibiese Ys- en Rolskaats­hokkievereniging (NIIHA) se nasionale kampioenskap, geborg deur Bank Windhoek, is verlede maand by The Dome in Swakopmund afgehandel.

Elkeen van die vyf geregistreerde klubs in die land het deelgeneem aan wat uiteindelik die enigste NIIHA-toernooi vir die ganse jaar 2020 was.

Die toernooi het oor vyf dae gestrek en die meeste spanne het minstens vyf wedstryde in hul afdeling gespeel.

Ondanks die beperkte getal toeskouers was die aksie op die baan so hewig soos altyd.

Die NIIHA is dankbaar dat hy aan sy lede dié speelkans kon bied om ondanks die ontwrigte sportjaar mee te ding en mekaar om die nasionale titel in elke ouderdomsklas uit te daag.

Die steun van Bank Windhoek as hoofborg, met bykomende borgskappe van Deep Catch Namibia en Metallum Fabrication het die rolskaatshokkiegemeenskap 'n troosprys vir 2020 gebied.

Die opgesomde uitslae:

ONDER 8: Coastal Pirates beklink die goud deur die finaal teen Scorpions met 5-4 te wen. Die bronsmedalje gaan aan Cazadores. Hendre van Niekerk is as die topspeler (MVP) aangewys.

ONDER 10: Badgers klop Scorpions 5-1 in die finaal (Vigo Bajorat MVP). Cazadores beklink die brons.

ONDER 12: Scorpions klop Kamikaze 9-1 (Theo Borstlap MVP). Coastal Pirates beklink die brons.

ONDER 14: Coastal Pirates klop Cazadores 4-2 (James de Jager MVP). Scorpions beklink die brons.

ONDER 16: Coastal Pirates klop Scorpions 4-2 in die finaal (Pablo Laporte MVP). Kamikaze beklink die brons.

ONDER 18: Dié afdeling se getalle was te min en alle beskikbare spelers is in die Rooi Span, Swart Span of Wit Span verdeel vir 'n rondte rondomtaliewedstryde. Swart Span wen die goue medalje met Amandus Röttcher (Coastal Pirates) as die wenspan se bekroonde topspeler.

VROUE: Coastal Pirates klop Scorpions 8-0 (Christine Röttcher MVP). Kamikaze beklink die brons.

MANS OPE: Coastal Pirates Black klop Scorpions 3-0 (Arian van der Plas MVP). Coastal Pirates Orange beklink die bronsmedalje.

VROUE MEESTERS: Coastal Pirates klop Scorpions 3-0 (Bridgit Justinussen MVP). Badgers beklink die brons.

MEESTERS: Kamikaze klop Coastal Pirates 2-1 (Jeff Bonazzo MVP). Badgers beklink die brons.

ONDER 8 B-AFDELING: goud vir Badgers (Colin Hoffman MVP).

ONDER 10 B-AFDELING: goud vir Kamikaze (Enya Fortsch MVP).

ONDER 12 B-AFDELING: goud vir Coastal Pirates (Barend Morkel MVP).

Ter opsomming het die Swakopmunders Coastal Pirates ses uit die nege kompeterende kategorieë gewen en een elk is deur Scorpions, Badgers en Kamikaze ingepalm.

In totaal is 174 wedstryde in vyf dae gespeel en is die plaaslike sport se jaar op 'n wonderlike wyse afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!