Cobain bly steeds ’n ikoon
Hy is deel van die sogenaamde 27-klub: Een van baie bekendes wat nie ouer as 27 jaar oud geword het nie.
Op 5 April is Kurt Cobain kort van twee jaar al amper net so lank dood as wat hy geleef het.
Niemand sal weet hoe hy in sy vyftigs sou gelyk het nie. Cobain bly die gefolterde jong en talentvolle ster wat te gou verskiet het.
Op 5 April 1994 het hy ’n haelgeweer teen sy kop gedruk. Sy lyk is op 8 April in sy huis buite Seattle in Amerika gevind met inspuitingsmerke aan sy arms en die kopwond wat sy dood veroorsaak het.
Sy selfdood het ’n einde gebring aan ’n lewe met baie meer lyding as wat met ’n rockster se glanslewe verbind word. Dit is algemeen bekend dat hy nie gehou het van die kollig of sterstatus nie.”
Cobain was die leier en liedjieskrywer van die groep Nirvana wat in 1987 in Seattle gestig is. Dié groep het gou met die genre grunge die wêreld aan die brand gesteek. Cobain was verslaaf aan heroïen en sy mensskuheid het amper aan afsku gegrens. Hy het selfs in sy selfdoodbrief gesê dat hy al sedert 7-jarige ouderdom mense gehaat het.
Sy woede teenoor die lewe het vererger nadat sy ouers geskei is toe hy nege jaar oud was. As tiener het hy van die een familielid na die ander geswerf, onder brûe geslaap en dwelms begin gebruik. Vandalisme was sy manier om sy tienerangs uit te beeld. Al hierdie elemente het later in sy musiek gestalte gekry.
Nirvana se debuut Nevermind (1991) met die treffer “Smells like Teen Spirit” het die groep beroemd gemaak en Cobain is die stem van sy generasie genoem. Hy was nooit op sy gemak daarmee nie.
Tog bly hy ’n ikoon en in Seattle kan jy ure na opnames van beeldmateriaal van hom gaan kyk in die Museum of Pop Culture (MoPOP). Een van die huidige uitstallings is Nirvana: Taking Punk to the Masses. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie