Coco klop wéér vir Venus
Tennis
Verlede jaar se skok-oorwinning oor Venus Williams, 'n ervare tennisspeler oud genoeg om haar ma te wees, was toe nie 'n vloekskoot nie.
Die 15-jarige Amerikaner Coco Gauff het gister in Melbourne wéér haar veelgeroemde landgenoot in die eerste ronde van 'n Grand Slam uitgeskakel.
Nadat sy dié prestasie verlede jaar as 14-jarige by Wimbledon behaal het, het sy gister by die Australiese Ope haar 39-jarige heldin nogmaals in skoon stelle (7-6, 6-3) getroef.
“Dit was rêrig moeilik. Sy het goed gespeel en ek was vooraf op my senuwees. Ek was 'n bietjie geskok toe ek die loting gesien het, maar ek's bly dat ek tot die volgende ronde kon deurdring,” het Gauff volgens bbc.co.uk gesê.
• Vir die Australiese tuisskare was daar gister 'n paar benoude oomblikke toe hul groot hoop in die vroue-afdeling en topgekeurde, Ashleigh Barty, die eerste stel van haar eersteronde-wedstryd teen Lesia Tsurenko, 'n speler van die Oekraïne wat maar 120ste op die wêreldranglys is, met 5-7 verloor het.
Sy het daarna egter haar voete gevind en die volgende twee stelle met 6-1, 6-1 gewen om die oorwinning te beklink.
• Novak Djokovic stel waarskynlik net in die syfer “agt” belang, maar dié Serwiese ster het nietemin gister 'n klompie ander mylpale in sy openingswedstryd bereik.
Djokovic poog om vanjaar die Aussie-kroon 'n ongeëwenaarde agtste keer te wen en moes hier en daar sweet om sy veldtog op 'n wennoot teen die Duitser Jan-Lennard Struff te laat begin.
Djokovic het die eerste twee stelle met 7-6(5), 6-2 gewen voordat Struff teen die verwagtinge in die derde stel met 6-2 gewen het. Dít het die wêreld se nr. 2 egter nie van stryk gebring nie en hy het die wedstryd beklink deur die vierde stel met 6-1 te wen.
Met daardie oorwinning het Djokovic sy 900ste oorwinning in 'n ATP-wedstryd behaal. Hy is slegs die sesde lid van dié eksklusiewe klub. Die ander is Jimmy Connors, Guillermo Vilas, Ivan Lendl, Roger Federer en Rafa Nadal.
Djokovic sal egter nie tevrede wees met die feit dat hy vier van sy afslaanpotte teen die wêreld se nr. 37 verloor het nie.
Federer, 'n ander lid van tennis se “Groot Drie” en derde gekeur, sal min klagtes oor sy vertoning in die eerste ronde hê. Hy het die Amerikaner Steve Johnson in skoon stelle (6-3, 6-2, 6-2) verslaan. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie