Codie en Georgina oor die eerste hekkie
Spel het gister in die tweede van die ITF junior toernooie in Windhoek begin.
Andrew Poolman - Namibië se aanspraakmakers het gister die eerste dag van die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se tweede junior toernooi by die Sentraal-baan in Olympia oorleef.
In die seuns enkelspel het Codie van Schalkwyk die Suid-Afrikaner Jamie Davis met 6-4, 6-4 uitgeskakel. Beide is ongekeur.
Dit was vir die Namibiër 'n beter begin as in verlede week se eerste toernooi, toe hy vir die eerste hekkie teen 'n gekeurde speler van Suid-Afrika geloot was en uitgeskakel is.
Van Schalkwyk word vandag teen Christiaan Worst opgeweeg. Dié vierde gekeurde speler van Suid-Afrika kon gister op die kantlyn met 'n loslootjie ontspan.
Aan die meisieskant het Namibië se Georgina Moolman, 'n kwartfinalis verlede week, ook verby die aanslag van Anaya Singh van Indië gekom. Haar wentelling was 6-4, 6-1. Haar volgende toets vandag is die agtste gekeurde Suid-Afrikaner Megan Basson.
Net soos verlede week se toernooi is spelers van dwarsoor die wêreld weer in 'n warm stryd gewikkel om waardevolle punte op die ITF se junior wêreldranglys in te samel.
Suid-Afrika se Philip Henning (seuns) en Myah Petchey (meisies) het as kampioene van verlede week se toernooi beide 'n loslootjie vir gister se eerste ronde gehad.
Die ander gekeurde spelers het almal gister hul wedstryde soos volg oorleef:
SEUNS
Pierce Rollins (VSA, nommer 8) klop Benedict Kohler (RSA) 6-4, 6-4.
Johan Garpered (Swede, nr. 5) klop Edoardo Bottino (Italië) 6-2, 6-1.
Pierre Malan (RSA, nr. 7) klop Tshepo Mosarwa (Botswana) 6-2, 6-1.
Gerhardt Marius Becker (RSA, nr. 6) klop Stefan Zivkovic (Serwië) 7-5, 6-0.
Charl Morgan (RSA, nr. 2) en Jesper Nilsson (Swede, nr. 3) het loslootjies gehad.
MEISIES
Skyler Miller (VSA, nr. 7) klop Hoziane Kitambala (Burundi) 6-1, 6-0.
Megan Basson (RSA, nr. 8) klop Kriti Williams (VSA) 6-3, 6-4.
Aisha Niyonkuru (Burundi, nr. 6) klop Rhea Singh (Indië) 6-2, 6-1.
Katie Lafrance (VSA, nr. 2), Megan Lombardi (RSA, nr. 3), Lilian Gabrielsen (Noorweë, nr. 4) en MJ Changwereza (Brittanje, nr. 5) het almal loslootjies gehad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie