Coetzee en Sowden haak die grootste visse
Baarshengel
Tielman van Lill - Die Namibiese Baarshengelvereniging (NBAA) en die Namibiese Kunsaashengelvereniging (NALAA) het onlangs hul jaarlikse Bank Windhoek Winter Bass Classic-kompetisie by die Von Bachdam suid van Okahandja gehou.
Nege senior mans en twee vroue, asook vyf juniors het die lae wintertemperature getrotseer om onder moeilike omstandighede die beste van die saak te maak.
Richard Grant, voorsitter van die NBAA, vertel hoe die wintermaande op visse se eetgewoontes inspeel.
“In die winter word die water kouer en die vis se metabolisme word drasties verlaag, wat hom baie minder as in die somer laat vreet.
“Die gevolg hiervan was dat ons net sewe visse vir die hele dag gevang het.
“Ons deelnemers was toegelaat om enige spesie, nie net baarse nie, te merk en terug te plaas. Maar dan moet die vis met kunsmatige aas gevang word. Volgens die reëls van ons kompetisie is enige ander vis wat gevang is as 'n byvangs gereken en het nie getel nie.
WERK VIR BEWARING
“Die toernooi was soos altyd op bewaring gefokus en elke vis is sorgvuldig geweeg en versigtig terug geplaas terwyl die hele okkasie verfilm word. Dit bring mee dat bitter min vrektes onder die vangste voorkom.
“Die NBAA bedank Bank Windhoek wat die kompetisie moontlik gemaak en gesorg het dat elke deelnemer met 'n fantastiese prys weggestap het.
“Volgende op die NBAA se agenda is die samekoms van lede komende naweek (Vrydag tot Sondag) vir die volhoubaarheid van vis in ons damme. Een praktiese daad is die plasing van sekere plante in die damme om die vis teen hul natuurlike vyande te help beskerm,” het Grant vertel.
Die senior kampioen van die dag was Johan Coetzee met drie baarse. Die tweede plek behoort aan Wilber Slabber met 'n baber van 94 sentimeter. Volksie Slabber neem die derde posisie met sy karp van 58 cm in.
Die junior kampioenskap behoort aan Alexander Sowden met 'n baber van 95 cm, wat hom tweede in die algehele kompetisie plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie