Coetzee jaag los onder teëstanders uit
Onder vriend en vyand was daar min wat Coetzee nie hierdie deurbraak gegun het nie.
Andrew Poolman – Drikus Coetzee se triomf om sy eerste dubbele nasionale padfietskampioenskap (tydtoets én padresies) te beklink, is welverdiend ná die vorige ses jaar se teleurstellende ondervindings.
Die 27-jarige voormalige triathlonspesialis het tevore in elite fietsresiese teëspoed, siekte en ongelukke op ongeleë tye beleef, maar gister se deurbraak in die 150 kilometer padresies van die Nedbank nasionale kampioenskap plaas hom in uitgesoekte geselskap en sal hom groot selfvertroue gee.
Met goeie tydsberekening het Coetzee (3 ure 38 minute 57 sekondes) sy eindpoging op 'n redelike plat roete perfek beoordeel om die aanslag van Alex Miller (3:40:35), Tristan de Lange (derde, dieselfde tyd) en Ingram Cuff (twee sekondes later) met meer as 'n minuut af te weer.
In die nasionale tydtoetskampioenskap handhaaf Coetzee 'n wenrekord sedert 2018 en het Vrydag opnuut 'n indrukwekkende oorwinning behaal.
Sukses in die padresies het hom egter telkens ontwyk. Sy eindposisies was sesde (2016), vyfde (2017), tweede (2018, ná Martin Freyer), vierde (2019) en derde (2020, ná Dan Craven en Tristan de Lange).
Gister het Coetzee weer kortstondig teëspoed beleef toe hy 'n pap wiel gekry het en uiteindelik fietse moes omruil voordat hy weer die peloton kon inhaal. Dit was in 'n stadium toe Tristan de Lange en die jong Hugo Hahn 'n voorsprong van meer as twee minute opgebou het.
“Om uiteindelik ook hierdie nasionale trui oor my kop te kan trek, is 'n geweldige verligting. Dit plaas my nogal in 'n gesogte klub,” het Coetzee agterna in sy media-onderhoud gesê.
“Die roete was in my guns omdat ek 'n tydtoetsspesialis is. Daar was sterk ryers in die bondel, wat vroeë aanvalle geloods en hulself bietjie uitgeput het. Toe ons hulle ná omtrent 100 km ingehaal het, het ons bietjie kat-en-muis gespeel met aanvalle en mekaar se geduld beproef.
“Met omtrent 32 kilometer oor, het ek my kans aangegryp. As tydtoetsryer het ek geweet dat ek met die wind van voor op my eie kon terugkom.
“Hierdie oorwinning gee my groot selfvertroue. Ek wil die geleentheid opdra aan die Janine en Suzelle Davin Sporttrust, my borg van die afgelope jare, vir wie ek uiteindelik ná soveel jare dié nasionale trui kan oplewer.”
Sy nuutste prestasies is inderdaad indrukwekkend nadat hy in Desember geval en sy sleutelbeen gebreek het, net 'n week voor die Nedbank Desert Dash.
Coetzee sê hy wil graag in September by die tydtoetswêreldkampioenskap in België 'n goeie vertoning gaan lewer. Sy droom is ook om by die 2022 Statebondspele in Birmingham in aksie te wees, met die mikpunt om in die toptien in die tydtoets te eindig.
• In Vrydagmiddag se tydtoets op die B1-hoofpad noord van die hoofstad het Coetzee 'n gemiddelde snelheid van 47.5 km/h gehandhaaf, wat met inagneming van 'n sterk wind in die gesig baie indrukwekkend was.
Coetzee (50 minute 12 sekondes) se GPS-meter het hom in die steek gelaat en hy het dus bloot op gevoel gery. Nietemin het hy Marc Pritzen, 'n Suid-Afrikaanse beroepsryer op kontinentale vlak, met 62 sekondes geklop.
Daniel Abraham, 'n Nederlandse Paralimpiese ryer wat tans in die land oefen, was tien sekondes agter Pritzen in die derde posisie van die elite groep.
Alex Miller (52:31) het agterna gesê dit was nie sy dag nie, nadat hy die o.23-titel voor Hugo Hahn (52:38) weggeraap het.
ADRIAN BEKLINK VROUERESIES
Vera Adrian (nou Looser), wat gereed maak om vanjaar in Tokio aan haar tweede Olimpiese Spele deel te neem, het uit Switserland huiswaarts gekeer om haar nasionale titels te kom verdedig.
Hierdie keer was Michelle Vorster afwesig ná haar gesin se onlangse emigrasie na Auckland, Nieu-Seeland. Die enigste werklike vraag was dus wie die res van die podiumposisies sou inneem.
Looser het ná die padresies van 116 km gesê dit is altyd opwindend om soos gister 'n ruim groep vroueryers by die wegspringstreep te sien.
“Die standaard was ook heel goed – die eerste keer in wie weet hoeveel jare dat vier vroue saam-saam vooraan by die eindstreep aankom. Ek is al soveel jare deel van die fietsryfamilie, maar ek geniet dit steeds.
“Ons roete het begin met een kort rondte en drie lang rondtes. Ná die eerste lang rondte het ek teen 'n opdraand aangeval en weggebreek, maar om 100 kilometer op my eie te ry, was nie my doel nie.
“Ek het toe vir die peloton gewag en aan die voorpunt het ons later 'n paar ryers afgeskud wat nie bygedra het nie.
“Op die tweedelaaste ronde het ek teen 'n opdraand versnel en net Gabriela Raith het saam met my gekom. Ons het nogal 'n lekker voorsprong gehad, maar Risa Dreyer en Courtney Liebenberg het ons ingehaal. Die vier van ons het die laaste rondte saam gery tot ek weer teen die laaste opdraand weggebreek het.”
Looser sê baie oefening, en hopelik 'n klompie goeie byeenkomste, lê nog voor in die aanloop tot die Olimpiese Spele. “Dit was aangenaam om die Namibiese sonskyn te geniet voordat ek Vrydag na Switserland terugkeer.”
In die padresies het Looser (3 ure 20 minute 51 sekondes) die oorwinning beklink teen Gabriela Raith (3:21:07) en Risa Dreyer (3:21:11).
In Vrydag se tydtoets (20.4 km) was Looser die vinnigste in 28 minute 50 sekondes, teen Dreyer (31:01) en Liebenberg (31:49).
NASIONALE TRUIE
'n Verblydende aspek in die vrouesport was dat vir die eerste keer in jare die nasionale o.23-titels met kwalifiseerders gevul is.
Ashanti Auchas het die tydtoets gewen en haar klubmaat Olivia Shililifa het die padresies beklink.
Benewens Coetzee (elite mans), Looser (elite vroue) en Alex Miller (o.23 mans) het Monique du Plessis en Bergran Jensen die nasionale junior truie (onder 18) vir die jaar in UCI-kategorieë ingepalm.
FOTO’s
Drikus Coetzee se goue oomblik kon so byna in ’n katastrofe geëindig het – veral indien meer ryers in die naelrit op volle vaart sou gewees het. Oomblikke voor sy aankoms het ’n voertuig vanuit die teenoorgestelde rigting aangery gekom, toe ’n rukwind Nedbank se advertensieborde wat as metaalafskorting tussen die bane dien, omgewaai het. Dié bord is toevallig netjies in die voertuig se wiel vasgevang en in die momentum is nog twee of drie borde meegesleur in die aankomende baan waarheen die fietsryers op pad was. Op die foto het omstandersd net betyds die baaan opgeruim. Foto’s Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie