Coetzee se Kaaps trek sluier oop
Innie Shadows
Olivia M. Coetzee
Tussen die oë. Dan in die maag. En dan kom sit dit – heel gepas – sommer vanself hier in die hart waar grootword-onthou bly. Dis min of meer die volgorde dat die boek Innie Shadows jou tref.
Dit bly nog ’n novelty om ’n boek op te tel en terwyl jy lees, kom staan elke karakter lewensgroot voor jou. Dis ’n antie, ’n nefie, ’n suster. Dis iemand wat saam met jou skool geloop het.
Dis die huis waar jy klompie kere verbygeloop het, die mense wat agter bakhand van iemand staan en skinder en met daai selfde hand vriendelik waai as daai einste onderwerp van die skinder verbyloop.
Jy sien hulle nie net nie, jy hoor hulle ook praat, die lieflike klank van ’n Afrikaans wat haar skoene nou gemaklik vol staan in ’n land waar sy altyd skeef aangekyk is. Meestal is die Kaapse Afrikaans soos die karakters in die boek. Baie keer misken, soms misverstaan, soms veroordeel, maar uiteindelik aanvaar ten spyte van vooroordele.
Die skrywer Olivia M. Coetzee het hier iets aangepak wat nie maklik is nie. Sy het ’n komplekse storie aanmekaargeweef wat die perfekte snapshot is van enige bruin gemeenskap, maar so goed vertel dat selfs iemand wat dit nog nooit beleef het nie, ingetrek sal kan word.
Die boek word beskryf as ’n misdaadroman, ’n riller, maar dis meer as dit.
Dit skryf vooroordele oop, wat in baie bruin gemeenskappe so deel is soos asemhaal. Daar is homofobie, want wat sal die kerkmense sê as hulle weet jy is gay. Dis die einste kerkmense wat die dominee of pastor of geestelike leier se voete soen, min wetende hy het voete van klei en dien eintlik net eie begeertes.
Daar is ook die maatskaplike euwels. Armoede. Tik. Verslawing in sy baie vorms. Mishandeling en die afknou van die siel.
“Die huise wat groenerig skyn waanner die son opko, wat elke-een met hulle eie persoonlikhede voo Hoerikwaggo gebuig staan. Met al die armoede wat sy wiet wat sit in elke huis se lee koskase en yskase, het dit haa altyd bieter laat voel om te sien hoe die mense hulle tuine laa blom. Dis sos die tuine wa hulle gemaak het ’n lig in die Shadows gebring het, laat hoep weer in mense se harte en die armoede wat hulle mien saam lewe kan blom.”
Aan die woord is Veronique Plaatjies – Nique noem hulle haar. Deur haar oë en onthou peul sy die lae van haar denkbeeldige Hoerikwaggo – of die Shadows, soos die inwoners dit noem – een vir een weg. Plek-plek voel dit soos wanneer jy skelm van agter die gordyne loer as daar weer een of ander drama in die straat afspeel.
Dis mos ’n snaakse ding, die mengsel van nuuskierigheid en lekkerkry en verligting en ja, selfs ontvlugting, dat jy maar net toeskouer kan wees van die ding wat daar buite gebeur, alles op ’n afstand en van agter die veiligheid van ’n net-gordyn.
Coetzee skryf oop en eerlik, en deur haar slim keuse van karakters kan sy die storie vertel van ’n gemeenskap wat moet deal met goed wat niks met hul gewone uitdagings soos oorlewing te doen het nie.
By tye is die storie kras – hier is geen behoefte om die leser te spaar nie. Jy ontmoet vir Balla, die local smokkelbaas in wie se jaart die tikkoppe en die dronkies nesmaak en waar niks taboe is nie.
Dis die man op wie Nique as skoolkind al haar hart verloor. “Hy was donke, en die grootste gangster in die Shadows, lielik, van binne en buite . . .” beskryf sy hom.
As sy sê hy was ook die man wat haar aanvaar het soos sy is, begin die leser agterkom daar steek baie meer in, maar Coetzee is meesterlik met die innuendo, en dit is eers baie later dat sy die netgordyn heeltemal ooptrek en die hele storie ontbloot word.
In baie opsigte word Balla se jaart die pad waardeur die meeste van Coetzee se karakters loop. Carl, Draakie, Clint, Gershwin, Sara, Ley, Rose.
Die karakters maak nie verskoning nie – Coetzee laat dit nie toe nie. Dit is in die eerlikheid dat goed soos dié jou tref:
“Ekkit altyd gewonne hoeko die groot mense so drink, totdat ek ’n grootmens geraakit die dag toe Mammie sterf,” vertel die tikkop Carl.
Dan tref die hartseer en ’n anderse soort pyn jou: “Hoe vegiet mens iemand soos Fettie? Die liewe het hom ’n swak hand gedeal. Sy pa was ’n vark, sy ma was die vark se vrou, en hy wat Fettie is, hy was die vark se speeding.”
Wanneer die storie uiteindelik ontknoop, en al die skanse val, laat Coetzee almal van ons ontbloot staan. Teen dié tyd is dit te laat om weg te kyk, en al wat oorbly is om ons eie vooroordele in die oë te kyk en te besluit of ons die Shadows wil bly lewe.
Soos Nique sê: “. . . die Shadows liewe an.”
-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie