Coetzee skitter in Karoo-nag
Die vasberade Namibiër was aan die voorpunt van 'n rekordpoging in dié hoogs uitdagende byeenkoms.
Tielman van Lill – Drikus Coetzee het die afgelope naweek in die Klein Karoo, Suid-Afrika, aan die tiende jaarlikse 36One-bergfietsuitdaagmarathon oor 361 kilometer deelgeneem.
Die Namibiër het die afstand binne 'n verstommende 13 uur 26 minute saam met Konny Looser, die Switserse bergfietsmarathonkampioen, en Christiaan Janse van Rensburg van Suid-Afrika kafgedraf.
Die drie het saam die eindstreep oorgesteek om die roete-rekord met 22 minute te verbeter.
Looser, 'n “aangetroude Namibiër” sedert sy huwelik met die Olimpiese fietsryer Vera Adrian, is geen onbekende in die land nie en het die afgelope jare met sy wentye as solo-ryer in die Nedbank Desert Dash van Windhoek na Swakopmund gewys wat 'n ontsagwekkende langasem hy is.
Die trio het 'n gemiddeld van bykans 27 kilometer per uur gehandhaaf om die uitdagende roete met sy totale vertikale klimhoogte van 5 250 meter baas te raak.
Die marathon het by die Kleinplaas-vakansieoord buite Oudtshoorn weggespring, by Calitzdorp gaan draai en weer by Kleinplaas geëindig.
Solo-ryers en spanne kry 36 uur om die roete te voltooi.
Coetzee sê dit is die eerste keer in dié byeenkoms se geskiedenis dat drie jaers in die elite-afdeling in 'n jaagtog na die wenstreep betrokke was om die marathon af te sluit.
Hy sê: “Ek het die stryd tussen ons drie, veral gedurende die nag, regtig geniet. Ons kon mekaar eenvoudig nie afskud nie, al was ons elkeen 100 persent toegewy om mekaar te uitoorlê. Dit was die eerste keer dat drie solo-ryers na die eindstreep gejaag het om die algehele titel te wen en ons het daarin geslaag om die rekord met 22 minute te verbeter.
“Ek het die resies vreesloos aangepak en groot risiko's op die afdraandes in die donker gewaag om in kontak met Looser en Janse van Rensburg te bly.
“Die nuwe Trek Supercaliber waarmee ek gery het, het dit vir my moontlik gemaak, want die gemak en hanteervermoë van die besonderse fiets het my rystyl soos 'n handskoen gepas.”
Janse van Rensburg het gesê: “Looser en Coetzee is fantastiese mense en ware kampioene. Ons al drie het mekaar se swakpunte met een of ander taktiek probeer flous, maar kon dit nie regkry nie.
“Die uiteinde was 'n naelloop na die wenstreep. Die enigste ander deelnemer wat nog dié marathon onder 14 ure kon voltooi het, is Ramses Bekkenk van Nederland, wat dit in 13:48 afgelê het. Sy poging was toe as bomenslik beskryf.
“Dit was 'n groot eer om saam met Konny en Drikus te ry. Hulle is gawe ouens en ware here op en van die fiets af.”
In 2019 was dit die derde keer dat Bekkenk sy 36One-titel suksesvol agtereenvolgens verdedig het en 'n rekord met sy 13:48 aangeteken het. Die Nederlander se vorige rekord van twee jaar tevore was 13:59.
Dusty Day van Suid-Afrika het verlede November die marathon in 15:18, gewen met Braam Wannenburg tweede in 15:42 en Timo Cooper derde in 15:43.
Coetzee het sy borge en ondersteuners bedank: “Baie dankie aan al my lojale borge wat in my glo en my ondersteun. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.
Baie dankie aan die Janine & Suzelle Davin-sporttrust, Indongo Toyota, Mannie's Bike Mecca, Hollard Namibia, BRG Biokinetics, Powerbar en Garmin Namibië.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie