CoFeed steun kwesbare gemeenskappe

Danksy die pogings van CoFeed Namibia en hul ywerige donateurs het elke dorpie in die Nyae Nyae- en N#a Jaqna-bewaringsgebiede bokse klere én kos ontvang.

Die klere en kos is van Woolworths, Cymot, RMB Namibia (deur die Hope-inisiatief van FirstRand Namibia), Bokomo en ander private skenkers afkomstig. Dié ruim donasies word tydens Julie en Augustus aan die San-gemeenskappe in die Nyae Nyae- en N#a Jaqna-bewaringsgebiede uitgedeel.

Die San-gemeenskappe ervaar dikwels moeilike tye in die wintermaande. Met die Covid-19-pandemie en die daaropvolgende afwesigheid van toeriste en trofeejagters waaruit hulle normaalweg ’n inkomste verdien, is hierdie winter besonders fel.

Die gemeenskappe sê hulle voel tans of daar is geen einde in sig is vir die uitdagings wat hulle in die gesig staar nie.

Die voorsitter van die Nyae Nyae-bewaringsgebied, me. Xoan/’an /Ai!ae, het gesê die donasies sal kwesbare gemeenskappe in die moeilike wintermaande betekenisvol van hulp wees. Sy het CoFeed Namibia en al die betrokke organisasies bedank vir hul bydrae en vir hul begrip van die uitdagings wat die bewaringsgebied en die San-gemeenskap dié winter moet oorkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!