Cohen baas van die plaas
Cohen baas van die plaas

Cohen baas van die plaas

Vuisbal
Cohen-vuisbalklub se eerste span het sy oorheersing in vanjaar se Bank Windhoek Vuisballiga voortgeist toe hy laas naweek se toernooi in Windhoek gewen het.

Cohen 1 het in die A-afdeling sy aartsvyand, Sport Klub Windhoek (SKW), verslaan wat nie uit hul tuisveldvoordeel kon munt slaan nie.

Die eindtelling was 4-0 ten gunste van Cohen 1. In die B-afdeling het SKW 2 egter die titel opgeraap.

In die eerste halfeindstryd in die A-afdeling het Cohen 1 teen hul klubmaats, Cohen 2, te staan gekom. Cohen 1 het eerste bloed geruik en die eerste stel gewen voordat Cohen 2 'n 10-5 voorsprong in die tweede stel verkry het.

Cohen 2 kon egter nie die beslissende punt aanteken nie en is met 10-12 verslaan. In die derde stel het Cohen 1 sy tempo en taktiek verander wat tot 'n 3-0 oorwinning gelei het om tot die eindstryd te vorder.

SKW 1 het in die tweede halfeindstryd geen probleme met die jong spelers van Swakopmund-vuisbalklub (SFC 1) ondervind nie. SKW 1 het met 3-0 oorheers om die eindstryd in die A-afdeling te haal.

In die uitspeelwedstryd vir die derde plek in die A-afdeling het toeskouers op hul sitplekke gestaan toe 'n kop-aan-kop-stryd tussen Cohen 2 en SFC 1 applous ontlok het. Hoewel die verskil in elke stel se telling baie naby was, het laasgenoemde die opwindende wedstryd met 4-1 in hul guns beklink.

In die eindstryd het Cohen 1 haastiger as SKW 1 begin en 'n driepunt-voorsprong verkry. SKW 1 het ingehaal, maar Wilko Hoffmann van Cohen 1 het konsekwent punte met sy afslane aangeteken. SKW 1 het die eerste stel met 11-8 beklink.

'n ­Soortgelyke patroon is in die tweede en derde stelle gevolg, wat beide met 11-8 ten gunste van Cohen 1 geëindig het.

Cohen 1 het 'n driepunt-voorsprong in die vierde stel vermors en was op 8-10 baie naby aan sy eerste nederlaag. Nietemin het Cohen 1 ­teruggeveg en vier keer punte aangeteken om die vierde stel met 12-10 te wen.

Die B-afdeling was op 'n rondomtaliegrondslag beslis waar SKW 2 sake oorheers het, deur Cohen 3 met 4-0 en 4-2 te oorrompel.

Helmo Minz, skakelbeampte van die Namibiese Vuisbalvereniging, sê: “Wat jeugontwikkeling betref, het die spanne van SKW sowel as 'n span van Swakopmund waarde vir hul geld gekry toe hulle vier wedstryde vir die dag gespeelhet. Ons kan sien hulle het beslis begrip van die sport.”

Mark Egner van SFC 2 is as die topspeler van die dag bekroon.

Volgende op die vuisbalkalender is die Nasionale Bekertoernooi wat op Saterdag 6 November by die Cohen-klub in Olympia plaasvind.

So het die spanne geëindig:

A-afdeling: 1 Cohen 1, 2 SKW 1, 3 SFC 1, 4 Cohen 2.

B-afdeling: 1 SKW 2, 2 SFC 2, 3 Cohen 3, 4 SFC 3, 5 DTS, 6 SKW 3.

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A