Cohen domineer kuskompetisie
Vuisbal
Cohen-vuisbalklub se eerstespan het die afgelope naweek sy derde nasionale Bank Windhoek-beker in Swakopmund gewen. Cohen het sy titel in die A-afdeling suksesvol verdedig, terwyl Swakopmund (SFC) die B-afdeling oorheers het.
Die nege spanne in die nasionale bekertoernooi was in twee groepe verdeel in hul mededinging om die titel. Cohen I, SFC II, SFC Vriendskaplik en Windhoek-sportklub II (SKW) het sake in die A-afdeling uitgespook.
As die huidige Bank Windhoek-ligakampioene het Cohen I gemaklik deur die groepfase geseil om vir die semifinale te kwalifiseer. Hulle is in groep A gevolg deur SKW II wat die tweede posisie ingeneem het deur SFC II en die SFC Vriendskaplik te klop. SFC II en sy sosiale span het onderskeidelik derde en vierde geëindig.
Groep B waarin SFC 1, Cohen II, die Deutscher Turn und Sportverein (DTS) asook SKW I gekompeteer het, is deur SKW I oorheers. Die groenes van Olympia het al hul wedstryde sonder te veel teenstand ingepalm om as groepwenners te eindig. SFC I eindig tweede nadat hy Cohen II ore aansit, om laasgenoemde derde en DTS vierde te laat eindig.
Die B-afdeling se semifinale vind tussen Cohen II, SFC Vriendskaplik, DTS en SFC II plaas. Ná twee intense botsings vorder Cohen II en SFC II na die finale vir die B-afdeling. Met die tuisveldvoordeel het SFC II uit die staanspoor die oorhand in dié finaal gehad. In die tweede helfte slaag Cohen II byna daarin om die telling gelykop te maak, maar Cohen II seëvier met ’n voorsprong van drie punte om die titel op te raap.
In die semifinale van die A-afdeling het Cohen I en SFC II mekaar gepak, terwyl die ander halfeindstryd tussen die twee SKW-spanne beslis was. Soos verwag het Cohen I en SKW 1 hul semifinale gewen om hul plek in die eindstryd te bespreek.
In die eindstryd het SKW I uit die staanspoor sake gedikteer wat Cohen I, die verdedigende kampioen, tot foute gedwing het. SKW I het vroeg-vroeg met drie punte voorgeloop, maar Cohen I het algaande beter begin speel om aan die einde van die eerste helfte met drie punte die pas aan te gee.
Die botsing het in die tweede helfte vir topklas spel gesorg waar die spelers mekaar probeer uitoorlê het. Cohen I het daarin geslaag om SKW I onder druk te plaas en vergroot sy voorsprong tot vyf punte. Met die blaas van die eindfluitjie het Cohen I ses punte meer as SKW I op die telbord gehad om die Bank Windhoek nasionale bekertrofee opnuut om hoog te lig.
Bernhard Schurz van Cohen I is as speler van die toernooi aangewys.
Die openingstoernooi van die Bank Windhoek-vuisballiga sal op Saterdag 13 Februarie 2021 in Swakopmund plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie