Coleman voor stok oor ‘dissipline’

Franco Cosmos het Sondag tydens 'n mediakonferensie gesê hy verstaan nie waarom joernaliste 'n bohaai maak oor die Gladiators wat nie betaal word nie.
Tielman van Lill
Die sekretaris-generaal van die finansieel beleërde Namibiese Sokkervereniging (NFA), mnr. Franco Cosmos, het gesê nasionale spanspelers vir wie die NFA geld skuld, sal betaal word sodra die vereniging in 'n finansiële posisie is om hulle te vergoed.

Die sokkervereniging skuld die Brave Warriors, Brave Gladiators, die o.17- en o.20-meisies wat Namibië vanjaar in verskillende internasionale kompetisies verteenwoordig het.

Cosmos het Sondag tydens 'n mediakonferensie gesê hy verstaan nie waarom joernaliste 'n bohaai maak oor die Gladiators wat nie betaal word nie.

"Ek weet nie hoekom ons obsessief is met hulle (Gladiators) wat nie betaal word nie. Die Brave Warriors het twee keer teen Senegal gespeel, toe teen Kongo in Brazzaville en daarna teen Togo. Die Warriors is ook nie betaal nie, terwyl die o.20-vroue net twee wedstryde teen Burundi gespeel het. Die 0.17-span sal ook nie vir die wedstryde in Lesotho by Streek 5-spele betaal word nie," het hy gesê.

Hy sê die Gladiators het vyf wedstryde by die Cosafa-beker en twee in die Afcon-kwalifiseerders teen Tanzanië gespeel, maar weens binnegevegte by die NFA, het skenkers hul geldkraantjie toegedraai. Dus vind die NFA dit moeilik om spelers te vergoed wat die nasionale spanne verteenwoordig het.

"Al die spelers is ingelig die vereniging het geen geld nie en hulle sal betaal word sodra die geld beskikbaar is," het Cosmos gesê.

Hy het ook 'n klap na Zenatha Coleman uitgedeel wat in Spanje vir Seville speel. Cosmos is kwaad omrede sy haar verlede maand in die sosiale media uitgelaat oor die NFA se versuim om spelers se verskyningsfooie te betaal.

"Zenatha (Coleman) is buite haar baan en sy sal gedissiplineer word. Sy weet as daar 'n probleem is, is daar prosedures is om te volg. In die geval is sy nie meer die kaptein van die span nie. Sy is nou in onguns by die NFA," het hy gesê.

Cosmos sê toe Covid-19-inperkings begin het, het die sokkervereniging vir Coleman se vlugkaartjies terug huis toe betaal. Volgens hom het sy versuim om dié guns van die NFA in die sosiale media aan te kondig toe haar sokkerklub nie tot haar redding gekom het nie.

Coleman het beloof om op navrae ná Cosmos se verklaring te reageer, maar sy het dit nog nie gedoen nie. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!