Colombia 2021: Proewe afgehandel

Buite die saal was die temperatuur met tye ondraaglik warm, maar binne was die aksie vuurwarm.
Andrew Poolman
Die Namibiese Rolskaats- en Yshokkievereniging (NIIHA) het laas naweek sy eerste poging tot 'n terugkeer na normale bedrywighede aangepak met die aanbieding van nasionale proewe met die oog op volgende jaar se wêreldkampioenskap in Colombia, vanaf einde Augustus tot vroeg September 2021.

Meer as 70 spelers het die proewe by die Windhoek-skouterrein bygewoon en spanne vir senior mans, junior mans en junior vroue is saamgestel.

Die Namibiese junior mans sal hul huidige posisie in die topagt spanne ter wêreld op die spel plaas.

Sean Liechti, wat vir beide die junior en senior mansgroepe gekies is, sê: “Dit was 'n goeie naweek. Ons is rêrig opgewonde oor die nuwe spelers in die groep en ons sien baie daarna uit om weer aan die werk te spring en aan die wêreld te wys wat ons kan doen.”

Die senior manspan sal ná twee jaar sy terugkeer tot die wêreldkampioenskap maak in die strewe om verdere vooruitgang te maak en momentum vol te hou.

Die meeste opgewondenheid was egter dat Namibië vir die eerste keer in bykans agt jaar weer 'n junior vroue­span na die groot skouspel gaan stuur.

Talle van die junior vrouespelers het verlede jaar by die State Wars-toernooi in die VSA meegeding en hoewel hulle net 13 of 14 jaar oud was, het hulle goed meegeding en die silwer medalje teen meestal 17- en 18-jarige meisies (insluitend nasionale junior spanlede van die VSA) beklink.

Vir elkeen van die meisiespelers is hul eerste bywoning van 'n wêreldkampioenskap nou in die vooruitsig en almal voel 'n senuagtige opgewondenheid.

Een van die gekose junior meisies, Corinna Weimann, sê: “Almal van ons wil só graag vir hierdie span gekies word. Ek is rêrig trots dat ons hele groep die naweek baie hard gespeel het en ek sien daarna uit om volgende jaar Colombia toe te gaan en Namibië te verteenwoordig.”

Die uitgesoekte spelersgroepe:

JUNIOR VROUE: Alrené ­Odendaal, Christine Röttcher, Corinna Weimann, Elizabeth Theodore, Fana Metz, Gia Hoppe-Speer, Ieesha ­Hilukiluah, Jana Lautenbach, Lara Backhaus, Laura Weimann, Lomarie Fourie, Maike Dedig, ­Michelle Wirtz, Bridgit Justinussen. ­Reserwes: Lea Redelinghuys, Jada Tati.

SENIOR MANS: Amandus Röttcher, Anku Lucks, ­Christiaan Coetzee, Henrik Diekmann, Kiron ­Hoppe-Speer, Max Finkeldey, Micah Skolnic, Pablo Laporte, Sean Liechti, Tiago Kutz, Nicola Reviglio, Arian van der Plas. Reserwes: Dante de Azevedo, Ivan Reviglio, Valerik Hilbert, Wim van der Plas, Jens Rust.

JUNIOR MANS: Christiaan Coetzee, Henning Schulze, Henrik Diekmann, Josua Zeferinu, Kean Redelinghuys, Keanan Simpson, Luca Mentzel, Mickah Januarie, Mati Laporte, Pablo Laporte, Sean Liechti, Valerik Hilbert, Arian van der Plas, Jurgen Tegethoff. Reserwes: Josef Zeferinu, Julian Dedig, JW Coetzee, Enrico de Azevedo, Lennert Schulze.

OEFENGROEPSPELERS: Anco de Koning, Dominik Braun, Fabian Metz, Gregor Müller, JD Gerber, Kai Dedig, Mark von Doorn, Micca de Azevedo, Nicolas Kock, Rainer Bingham, Vahid Diehl, Kai Austermuhle, Thomas Kock.

• Komende naweek (Vrydag tot Sondag) bied die NIIHA sy ontwikkelingsproewe vir spelers van ses tot 13 jaar aan.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!