Commando 2 in Katutura kry nuwe baadjie
Mnr. Rirua Komeheke is die man agter die geldinsameling én die opknappingswerk aan die Ovaherero-kommandosaal.
Tanja Bause – 'n Idee het verlede jaar op 27 Julie ontstaan om die Ovaherero-kommandosaal, beter bekend as die Commando 2, in Katutura op te knap.
Mnr. Rirua Komeheke is die man agter dié idee, die geldinsameling én die werk.
“Ek het 'n WhatsApp-groep gestig en die idee met mense begin deel. Die woord het soos 'n veldbrand versprei en ons het skenkings van Ovahereros in Amerika, Kanada, die Verenigde Koninkryk, Botswana en Suid-Afrika ontvang. Dit is bo en behalwe al die skenkings wat ons van mense oraloor Namibië gekry het,” het hy gesê.
“Die idee was om die saal te laat lyk soos hoofman Hosea Kutako dit sou wou hê, as hy nog geleef het. Dit is die visie wat ek met mense gedeel het en almal het ingestem dit is wat ons moet doen. Soos ek altyd spottenderwys sê: 'Commando 2 moet soos 'n Herero-vrou op 'n troue lyk. Hulle lyk besonders mooi'.”
Tot dusver is die mure en al die metaal in en om die gebou geverf. Die dak is geïsoleer, die erf buite is met stene uitgelê en 'n klein tuin is aangelê.
“'n Jong man, Benson, het hier opgedaag en gesê hy wil die vloer binne in die saal met sy eie geld en sy werkers oordoen en het ons summier uit die saal gejaag. Dit is 'n gemeenskapsprojek en al die werk word deur vrywilligers gedoen. Selfs die vroue wat vir ons kos voorberei, het hul eie werk eers gestop om vir ons te kook. Ons het met 13 vrywilligers begin en het nou nege soos die werk minder word.”
opknappingswerk
Volgens sy beraming is reeds sowat N$117 000 aan die opknappingswerk bestee. Skadunette moet nog opgerig word, twee deure vervang word, bome geplant en finale afrondings gedoen word.
“Mense kom kyk na die vordering en gee geld. Gister het iemand weer gekom en geld vir kos vir die vrywilligers gegee. Ons gee vir hulle kos en betaal hul vervoerkoste. Dit is 'n gemeenskapsprojek. Dit is 'n gemeenskapsbelang wat deur die gemeenskap beskerm word,” sê Komeheke.
“Ons het 'n rekening by Pupkewitz geopen en mense kan die geld daarin oorbetaal. Ons werk nie met geld nie. Ons gaan haal die materiaal wat ons nodig het en stuur vir mense die kwitansie. Ons doen alles so deursigtig soos moontlik. Mense kan wanneer hulle geld in die rekening wil betaal net die verwysing “C2 1996” gebruik en vir ons die bewys van betaling stuur.”
Komeheke is tans besig met onderhandelinge met 'n bank om hul ondersteuning te kry sodat die twee deure vervang kan word.
“As hulle dit doen, benodig ons nog sowat N$17 000 om die werk klaar te maak en dan kan ek in Maart Commando 2 oorhandig aan die komitee wat dit bestuur.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie