Compion die kampioen
Compion die kampioen

Compion die kampioen

Speenkalfveilings het vanjaar veel meer betaal as in die verlede, al is minder diere aangebied.
Elvira Hattingh
Die speenkalfprodusent André Compion is as die nasionale kampioen van vanjaar se Agra Speenkalfkampioenskapreeks aangewys.

Vanjaar is die tiende jaar wat dié reeks in sy huidige formaat aangebied is. Dit is ook die eerste keer dat 'n nasionale kampioen vir sy produksie van verse met die wenprys wegstap.

Volgens Agra se handelsmerk- en kommuikasiebestuurder, Piet Stoman, is vanjaar tussen 14 Julie en 7 September altesaam 15 speenkalfveilings in die meeste beesproduserende gebiede van die land gehou.

Stoman sê vanjaar het enige boer wat 'n lot van 12 tollies tydens die kampioenskap verkoop het, gemiddeld N$10 420 méér as in vorige jare verdien. “As tollies en verse vergelyk word, was die gemiddelde pryse vir tollies tydens die afgelope speenkalfseisoen N$7 752,08, vergeleke met N$ 7 134,72 vir verse.

“Vanjaar is daar 9 027 speenkalwers op veilings verkoop, vergeleke met 8 422 in 2020. As 'n mens egter gemiddelde pryse vergelyk, het produsente sowat N$ 7 567,02 per kop tydens die afgelope kampioenskapreeks verdien, terwyl die gemiddelde prys in 2020 N$6 655,86 was.

“Redelike goeie reën oor groot dele van die land die afgelope twee jaar, beteken boere is nou in die posisie om hul kuddes te herbou.

“Dienooreenkomstig was speenkalfsyfers laag, maar die seisoen het vir goeie pryse op veilings gesorg.

“Die jaarlikse kampioenskapreeks help dat ons individue kan beloon vir hul uitstekende speenkalwers, maar dis ook 'n manier om kontantvloei in die beesbedryf te stimuleer, omdat baie van ons produsente op die kampioenskap staatmaak om hul sake te finansier,” het hy gesê.

“Boonop bied die reeks 'n geleentheid aan produsente om te sien hoe hulle met hul eweknieë vergelyk en ook gebiede te identifiseer waar hulle hul boerderypraktyk kan verbeter.”

Agra het hul jaarlikse gala-geleentheid vir die Agra Speenkalfkampioen­skap­reeks op 28 Oktober in Windhoek gehou. Agra bedank ook die borge vir die geleentheid, naamlik Bank Windhoek, Feedmaster, Sanlam en Santam, AgriBank, Hino Indongo en Indongo Toyota, Total Namibia, Africa Commercial Vehicles, Vivo Shell en MSD.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!