Comrades-wenner in motorongeluk

Padwedlope
Camille Herron, die vrouewenner van die Comrades-ultramarathon in 2017, was Maandag in ’n groot ongeluk betrokke.

Die Amerikaanse langasem was op pad werk toe in Oklahoma toe ’n voertuig in haar vasgejaag het en haar motor op sy dak beland het.

Haar man, Conor, het op Facebook gesê: “My Camille was vandag baie gelukkig. Sy was op pad werk toe by OUHSC en ’n kar het in haar vasgejaag en haar voertuig heeltemal omgegooi. ’n Engel het na haar omgesien! Camille is nou by die huis, net baie geskok.”

Die atleet het self gister ’n foto van die wrak gedeel.

Herron het in 2017 net die tweede Amerikaner nóg en ook die eerste in 20 jaar geword wat die Comrades-marathon kon wen toe sy in Nedbank-kleure in ses uur, 27 minute en 35 sekondes geseëvier het.

Sy het die Rus Alexandra Morozova, wat naasbeste was in 6:31.45, met meer as vier minute geklop.

Herron kon nie in 2018 aan die wedloop deelneem nie nadat sy ’n kuitspier beseer het.

Sy word in Amerika geag as een van die land se voorste langafstandatlete en hou talle Amerikaanse rekords. Hieronder tel die vinnigste tye oor 50 myl én 100 myl.

Die 37-jarige het die 50 myl in 5:38.41 voltooi en die 100 myl in 12:42.40 kafgedraf.

In 2018 is die voormalige 400 m-hekkies-wêreldkampioen Nicholas Bett van Kenia in ’n motorongeluk dood toe hy op pad huis toe was nadat hy van die Afrika-kampioenskap gekom het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!