Concerto binnekort in hoofstad
Die Nasionale Simfonieorkes van Namibië (NNSO), in samewerking met die Kollege van die Kunste (Cota), is besig om voor te berei vir die jaarlikse Concerto Festival wat vir 2 en 3 Augustus beplan word. Die fees gaan sorg vir heerlike vermaak en musiek uit die boonste rakke.
Die kunstenaars sluit in Eike Coetzee (viola), wat die afgelope jaar in Duitsland studeer het, Trudie Gertze en Nathan Dien (duet uit Figaro), Jana Strydom (dwarsfluit), Lyvodia #Ouses (stem - solo), Elfrieeda Chipeio (stem), Gerhard Fischer-Buder (klavier) en Carissa Esslinger (blokfluit).
Ons gaskunstenaar is Josie McClure, een van die wenners van die Hugo Lamprecht-kompetisie in Suid-Afrika, wat met haar saksofoon die gehoor gaan vermaak.
Die hoogtepunt van die aand gaan die Haydn Simfonie no. 104 wees wat deur die orkes self opgevoer gaan word. Die orkes gaan onderleiding van die bekende Alexander Fokkens wees. Met die kombinasie van wonderlike musiek, goeie geselskap en ’n glasie wyn belowe die NNSO ‘n baie welkome breuk van die koue winteraande.
Die Concerto Festival vind in die Aula van die DHPS in Kerkstraat, Windhoek plaas. Kaartjies is beskikbaar by Hotel Pension Uhland, Pick n Pay, Webtickets en by die deure op beide aande van die konserte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie