Connor deur na laaste vier

Tennis
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Danksy slim spel het die tweede gekeurde Connor van Schalkwyk van Namibië gisteroggend in Olympia in die kwarteindronde van die Sanlam ITF o.18-toernooi vir Alexander Edley van Suid-Afrika uitgeskakel.

Die 16-jarige Van Schalkwyk het die vorige oggend by die Sentraal-tennisklub vir Marshall Hulette van Suid-Afrika met 6-0, 6-0 oorskadu om tot die laaste agt te vorder. Edley het op sy beurt Woensdag vir Josh Manuel van Brittanje met 1-6, 7-6, 6-3 uitgeskakel om sy afspraak met Van Schalkwyk vas te knoop.

Die lenige Van Schalkwyk het gister die eerste stel met 7-6 gewen, maar Edley veg terug en dwing Van Schalkwyk op die agtervoet om die stel met 6-3 in te palm. Hierna het die Namibiër egter die humeurige Edley in die laaste stel behoorlik rondgejaag met kanonskoot-afslane, akkurate agterbaanhoue wat in die hoekie geplaas is, of nou en dan 'n skelm valhoutjie by die net om die botsing met 6-2 te verseël.

Van Schalkwyk sal vandag in sy halfeindstryd teen Anro Nel kragte meet, terwyl twee Suid-Afrikaners, die topgekeurde Mikaeel Woodman en Connor Kruger (nommer 4), sake vir die ander plek in die finaal uitspook.

In die ander kwarteindstryde gister het Anro Nel (RSA, derde gekeur) vir Alexander Erikkson (Swede, sesde) in twee stelle (7-6, 6-2) geklop. Mikaeel Woodman (RSA) verloor die eerste stel met 6-4, maar boender James Edley (Alexander se tweelingbroer, sewende) met 6-4, 6-2 uit.

Connor Kruger (RSA, vierde) het net twee stelle nodig gehad om Adrian Luddeckens (Swede, agtste) met 6-3, 6-3 te klop.

• In die dubbelspel is Van Schalkwyk en sy RSA-maat Anro Nel ook nog lewendig en deur na die kwarteindstryd.

Dié twee is die topgekeurde kombinasie en het gister met 6-1, 6-1 verby Hulette en Roosenschoon gevorder.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!