Connor in 'n opmars na Grand Slams
Connor in 'n opmars na Grand Slams

Connor in 'n opmars na Grand Slams

Tennis
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Connor van Schalkwyk (16) staan op die drumpel van ’n deurbraak indien hy vandag in Johannesburg die eindstryd van ’n ITF graad 3-toernooi wen.
Ná onlangse toernooiseges in Swede (graad 5) en Pretoria (graad 4) het hy gister by die J3 Johannesburg-toernooi sy semifinaal teen die topgekeurde Devin Badenhorst van Suid-Afrika met 6-1, 6-3 oorheers. Hiermee het hy vir vandag se eindstryd ’n herontmoeting bespreek met Luc Koenig, vir wie hy ’n week gelede in die Pretoriafinaal van agter ingehaal het om met 2-6, 6-4, 7-6 te wen.
Die vierde gekeurde Namibiër het vanjaar ’n wenpersentasie van 91 persent in die enkelspel gehandhaaf.
Hoewel Van Schalkwyk tans as nommer 230 op die Internasionale Tennisvereniging (ITF) se o.18-ranglys pryk, is hy op koers om sy posisie verder te verbeter. Hy het vanjaar relatief min groot tennis gespeel, maar mik om teen Maart 2022 onder die wêreld se top-100 juniors op die ITF se wêreldranglys te pronk.
Indien hy onder die voorste 100 spelers is, kan hy deur die ITF genooi word om as buiteperd aan hul junior Grand Slams deel te neem. Sodra hy onder die top-50 is, word hy vanselfsprekend by dié elite deur die ITF ingereken.
Van Schalkwyk (vierde gekeur), wat tans in Swede woon, was op 22 Augustus in Swede in aksie waar hy sy aanslag by sy tweede ITF Wêreldtoer graad 5-kompetisie die finaal teen Saba George Nanobashvili van Swede met 6-4, 6-3 gewen het.
NOG KANSE IN KAAP
Die toernooi in Johannesburg is maar sy vyfde ITF o.18 Wêreldtoer-verskyning vir 2021. Geen wonder die talentvolle Namibiër het van nommer 216 op die ITF se ranglys na 230 teruggesak nie.
Connor het tans 225.75 ranglyspunte, maar met volgehoue deelname aan ITF Wêreldtoerr-wedstryde kan hy binnekort vlakke soos 503.5 (100ste) en 803.5 (50ste) bereik.
Van Schalkwyk is genooi om aanstaande maand aan drie ITF Wêreldtoer- toernooie in Kaapstad en Stellenbosch deel te neem.
• Toernooi 09 van die Namibiese Tennisvereniging se junior reeks vir 2021 begin vandag in Swakopmund en duur tot Sondag. Nagenoeg 63 seuns- en meisiespelers het ingeskryf om in die ouderdomsgroepe onder 10 tot o.16, asook die kompeterende o.25-afdelings mee te ding.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!