Connor vlieg hoog ná vierde titel
Tennis
Tielman van Lill
Connor van Schalkwyk (17) het vanjaar altesaam vier Internasionale Tennisfederasie (ITF)-wêreldtoertitels in Kramfors (klei), Pretoria, Stellenbosch en Sousse ingepalm.
Van Schalkwyk, Namibië se onbetwiste topjuniortennisbaljagter, was vroeër vanjaar nog 230ste op die ITF se o.18-wêreldranglys, maar sy posisie het drasties ná twee uitstekende toernooie in Suid-Afrika verbeter. Volgens die ITF se amptelike webkantoor, het Van Schalkwyk met 34 plekke van 230 tot 196 geklim.
Intussen het die talentvolle Van Schalkwyk met rasse skrede gevorder.
Verlede week was hy nog nommer 110 op die junior ranglys, maar ná sy stoomrollervertoning by die o.18-Afrikakampioenskap het die ITF hom gister tot die 76ste beste o.18-speler op die ranglys verklaar.
Hy het uitstekend gevaar om binne 'n paar maande met 154 plekke teen die room van Afrika en internasionale spelers te verbeter.
Hy het eers in April en Mei in Windhoek sy eerste twee toernooie van die ITF-wêreldtoer gespeel. In Augustus het hy in Kramfors, Swede, asook Pretoria en Johannesburg, Gauteng, gesamentlik aan drie toernooie deelgeneem.
Oktober het hy dit met twee in Stellenbosch en een in Kaapstad afgesluit. Sy laaste twee wedstryde van die tien toernooie waaraan hy vanjaar deelgeneem het, is die afgelope naweek in Sousse, Tunisië, gespeel waar hy die o.18-Afrikatitel ingepalm het.
Hy spog tans met ’n wenpersentasie van 86 persent op harde- en kleibane.
Op klei het hy nog nie een van sy vyf wedstryde verloor nie en van die 38 enkelspelwedstryde vir 2021 het hy slegs ses keer op hardebane die knie gebuig. Meestal in die finaal.
Aan die einde van 2021 verloor al die spelers wat volgende jaar 19 jaar oud word hul ITF-ranglysposisies. Van Schalkwyk sal dan opnuut hoër deur die ITF bestempel word. Hy kan self tot onder die top-40 vorder.
Sy deelname vir 2021 is iets van die verlede. Hy het gister van Sousse na Swede gereis waar hy vir die Australiese Ope sal oefen wat op 14 Januarie in Traralgon afslaan.
Van Schalkwyk spog tans met 725.5 ranglyspunte. Strate beter as vroeër in 2021 toe hy ná slegs vier toernooie op 225.75 geanker was. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie