Conradie bevraagteken jurisdiksie
Korrupsiesaak uitgestel tot 9 September
Jacqueline Louw - Prokureur Dirk Conradie, wat van beweerde korrupsie beskuldig word, is van mening dat die hoërhof nie oor die jurisdiksie beskik om een van die vier klagte wat hy in die gesig staar, te verhoor nie.
Die vierde klag waarop Conradie tereg staan, hou verband met ’n beweerde oortreding wat in Lissabon in Portugal gepleeg is, wat buite die Namibiese hof se jurisdiksie val, het Conradie se regsverteenwoordiger, senior advokaat Vas Soni, verlede week voor regter Thomas Masuku betoog.
Die saak spruit uit ’n voorval in Junie 2012 toe Conradie en sy medebeskuldigde, me. Sara Damases, na bewering die eienaars van die advertensiemaatskappy DV8 Saachi & Saachi, mnr. Mark Bongers en me. Kim Field, probeer oortuig het om Damases as swart bemagtigingsvennoot aan te stel.
DV8 was een van die advertensiemaatskappye wat vir die N$60 miljoen MTC-advertensierekening getender het. Die staat beweer Conradie het sy posisie as voorsitter van die MTC-direksie misbruik om te verseker dat die tender aan die maatskappy toegeken word.
In ruil hiervoor moes DV8 glo vir Damases as swart ekonomiese bemagtigingsvennoot aanstel.
Bongers was na bewering nie hiervoor te vinde nie en het die verwikkelinge onder die aandag van die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) gebring.
Conradie en Damases word voorts daarvan beskuldig dat hulle op korrupte wyse ’n beloning in die vorm van ’n swart ekonomiese bemagtigingsaandeel in DV8 wou verkry het, in ruil vir ’n advertensiekontrak van MTC; dat ’n kantoor of posisie op korrupte wyse gebruik is om beloning te verkry asook dat hulle probeer het of saamgesweer het om artikels van die teenkorrupsiewet te oortree.
Die vierde klag waarop Conradie tereg staan, is sy versuim om die direksie van MTC in te lig van sy persoonlike belange by die toekenning van die tender vir die advertensieveldtog wat in ’n MTC-raadsvergadering in Lissabon op 19 Junie 2012 bespreek is.
Regter Masuku sal sy uitspraak op 9 September lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie