Conradie-saak uitgestel
Die eerste week in dié korrupsieverhoor is deur die getuienis en kruisondervraging van slegs een getuie in beslag geneem.
font face="Verdana" >
Augetto Graig - Verlede week was mnr. Mark Bongers in die getuiebank in die hoërhof in Windhoek in ’n korrupsiesaak wat reeds in 2012 teen die bekende prokureur mnr. Dirk Conradie aanhangig gemaak is.
Die klagte teen Conradie, destyds MTC se raadsvoorsitter, en sy medebeskuldigde, me. Sara Damases, is deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) gelê.
Dít spruit uit die verskaffing van ’n bandopname van ’n vergadering wat Bongers en sy vrou en sakevennoot, me. Kim Field, van die advertensiemaatskappy DV8 Saatchi & Saatchi, met Conradie en Damases gehad het.
Uit die ACC se ondersoek het verskeie klagte teen Conradie en Damases gespruit - almal op die oortreding van die teenkorrupsiewet gebaseer, wat glo met ’n N$60 miljoen-advertensiekontrak verband hou.
Die opname is Maandagoggend in die hof gespeel.
Conradie se regsverteenwoordiger, adv. Vas Soni SC, het gesê die verdediging sal poog om die opname ontoelaatbaar te laat verklaar, omdat dit ’n skending behels van Conradie se grondwetlike reg op privaatheid, ’n regverdige verhoor en om homself nie te inkrimineer nie.
Die staatsaanklaer, adv. Ed Marondedze, het Bongers oor die vergadering ondervra, asook oor wat daartoe aanleiding gegee het en wat daarna gebeur het.
Bongers het vertel Damases het by DV8 se kantoor opgedaag met ’n boodskap van Conradie.
Conradie wou glo vir Bongers en Field spreek om “snaakse dinge” met betrekking tot die advertensiekontrak, waarvoor ’n tender bestaan het, op te klaar.
By die vergadering, wat Bongers op sy selfoon opgeneem het, het Conradie glo gesê DV8 het Damases as swart bemagtigingsvennoot nodig.
In ruil hiervoor sou die raadsvoorsitter sy invloed glo tot DV8 se voordeel gebruik.
Bongers se kruisverhoor het vir die res van verlede week geduur.
Die verhoor is tot 2 Oktober uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie