COP22 staan vir aksie
Klimaatberaad gaan Marokko baie kos
Francoise Steynberg in Rabat, Marokko - Die Verenigde Nasies (VN) se 22ste Klimaatberaad wat van 7-18 November in Marrakesj, Marokko, met sowat 20 000 afgevaardigdes gaan plaasvind, gaan sowat 1 miljard Marokkaanse durham kos.
Volgens COP22 se kommissaris, mnr. Abdelâdim Mausolée, gaan die Europese Unie (EU) sowat 80 tot 100 miljoen euro bydra en daar gaan ook finansiële bydraes van die Afrika-unie (AU) en ander lande wees.
Die kommissaris sê daar gaan verskeie temas op die beraad wees soos uiteengesit volgens die VN en op die eerste dag gaan op water en woude gefokus word.
“Woude en oseane is die hoofbron van klimaatsverandering. Sowat 2,5 miljoen mense ly aan waterstres,” het die kommissaris gesê.
“Voedselsekuriteit, die waterkwessie en grondagteruitgang is van die kwessies wat bespreek gaan word.”
Ander temas is onder meer herwinbare energie en energie-effektiwiteit. Mausoleé het ook die versekering gegee dat COP22 “groen” gaan wees en dat daar tydens die konstruksie van die COP-dorpie in Marrakesj van volhoubare metodologie gebruik gemaak word. Alle kos is ook plaaslik geproduseer en gaan nie van ver aangery word nie. Daar gaan van hibriede en elektriese voertuie gebruik gemaak word en afvalbestuur van soliede en vloeistofafval gaan toegepas word.
Hy meen Marrakesj se COP is ’n mylpaal in ’n proses ná COP21 se Parys-ooreenkoms wat al deur 195 lande onderteken is.
“COP22 sal ’n sukses wees as Parys se ooreenkoms bekragtig word. As dit op 8 Oktober gebeur, kan die ooreenkoms op 8 November van krag word,” het die kommissaris gesê.
Die Marokkaanse minister van buitelandse sake en samewerking, mnr. Salaheddine Mezouar, sê COP22 is ’n COP van aksie.
“Dit is ’n groot stap vorentoe en kwessies wat steeds voortduur, moet geïmplementeer word,” het die minister gesê.
“Die beleggingstelsel moet bespoedig word en kapasiteit moet in Afrika gebou word om die implementering van projekte te ondersteun. Die betrokkenheid van die private sektor en burgerlike organisasies moet ook implementering bespoedig.”
Die minister sê dit is nie meer die tyd vir statistieke nie.
“Afrika moet nou ’n wenner wees en dit is nie meer ’n rewolusie van buite nie. Ons moet die akteurs van verandering wees en voorwaarts mars.”
Mezouar sê Afrika se rol is om druk toe te pas en bewustheid te bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie