COP25: 'Amerika is nog in,' su00ea Pelosi oor klimaatkrisis
COP25: 'Amerika is nog in,' su00ea Pelosi oor klimaatkrisis

COP25: 'Amerika is nog in,' sê Pelosi oor klimaatkrisis

Die beraad word ­bygewoon deur meer as 25 000 ­afgevaardigdes van sowat 200 lande.
Sanet de Waal
­Amerika is steeds deel van die stryd teen klimaatverandering, al het pres. Donald Trump verlede maand gesê hy gaan met die formele prosesse begin om die land aan die rigtinggewende ­Parys-klimaatooreenkoms van 2015 te onttrek.

Nancy Pelosi, speaker van die ­Amerikaanse huis van verteen­woordigers, wat deur die Demo­kratiese Party oorheers word, het Maandag op die eerste dag van die Verenigde Nasies se klimaatberaad (COP25) in Madrid, Spanje, gesê sy is daar om te sê “Amerika is steeds in”.

Amerika is een van die wêreld se grootste besoedelaars.

Trump sê dit sal die Amerikaanse ekonomie skade aandoen as hulle aan die Parys-ooreenkoms moet voldoen, “terwyl ander groot besoedelaars, soos China, hul koolstofvrystellings verhoog”.

Pelosi lei ook die Demokrate se poging om Trump in 'n staat van beskuldiging te stel. Omring deur Demo­kratiese verteenwoordigers op die kongres het sy gesê hulle is daar om te sê hul verbintenis tot optrede rakende die klimaatkrisis is in yster gegiet.

“Ons is nie hier om te praat oor die beskuldigings teen die president van Amerika nie, maar om te wys ons is daaraan toegewy om die gevaar wat die klimaatkrisis vir die mensdom inhou, te takel.

“Ons wil positief praat oor ons agenda om die planeet vir toekomstige generasies te bewaar.”

Die Demokrate hoop om volgende jaar die presidensiële verkiesing te wen.

Selfs vir hulle gaan dit nie maklik wees om wetgewing oor die klimaat deur te voer nie omdat daar 'n sterk veldtog in Amerika is om optrede oor die klimaat aan maatskaplike geregtigheid te koppel.

COP25 word bygewoon deur meer as 25 000 afgevaardigdes van sowat 200 lande. Hulle gaan tot 13 Desember probeer om ooreenkomste te bereik om aardverhitting op 'n hanteerbare vlak te hou.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!