Cordelia stel nuwe musiekvideo bekend
“Eerste Woorde”, ’n splinternuwe musiekvideo wat onlangs deur die ontluikende sangeres Cordelia vrygestel is, is al 111 000 keer op YouTube gekyk en word op televisie uitgesaai.
Met die uitreiking van haar debuutalbum, Breek Die Stilte, in Mei vanjaar het Cordelia groot opslae in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak. Dit is veral haar treffer “Mal in jou kop” wat vinnig die nommer een posisie op speellyste van verskeie radiostasies in Suid-Afrika gehaal het.
Cordelia is in Edenvale gebore en op die ouderdom van ses maande aangeneem, waarna sy deur haar aanneemouers in Fochville grootgemaak is en as hoofdogter aan die Hoërskool Carletonville in 2003 gematrikuleer het.
Met die uitreiking van “Eerste Woorde” het Cordelia haar hart oor haar aanneming oopgemaak en haar inspirerende verhaal met aanhangers deel. Die liedjie is geskryf deur Rudi Claase, maar vang Cordelia se hart, emosie en pad na vergifnis vas.
“Ek het my biologiese ma opgespoor toe ek 26 jaar oud was. Ek het baie gewonder wat ons eerste woorde sou wees as ons mekaar eendag sien.
“Ek het altyd ’n hartsbegeerte gehad om vir haar dankie te sê dat sy die lewe aan my geskenk het. Soms kan woorde jou maklik ontduik. Veral in daardie groot en spesiale oomblikke van die lewe. Om jou ma vir die eerste keer te ontmoet ná 26 jaar . . . dit is beslis so ’n oomblik! Ek was so senuagtig, my hande het gesweet en my onderlip het gebewe en ‘Eerste Woorde’ se lirieke som dit so mooi op.”
“Ek het vergifnis en liefde gekies en wil graag deur my persoonlike ervaring ander help om dieselfde te doen. Ek wil ’n verskil maak deur middel van my musiek.”
Cordelia het ook die temalied van die Afrikaanse rolprent Hartsbegeertes geskryf en opgeneem. Haar ander lied, “Petrol en Vuur”, geskryf deur Vicky Anne Serfontein vir die kykNET Afri-Visie kompetisie, was genomineer vir die Finesse Voelgoed Doengoed Vrou 2015. Dit is ook hier waar Cordelia saam met tien ander vroue vereer is vir die goeie werk wat hulle in hul gemeenskappe doen. Cordelia is ook eersdaags te sien in die splinternuwe kykNET-reeks Sterlopers en speel ook ’n rol in die fliek Gebore Talente.
“Eerste Woorde” is beskikbaar op die album Breek Die Stilte en word deur Real Music Distribution versprei. Die musiekvideo is deur Kyle White in die Pretoria en Hartbeespoortdam se omgewing verfilm.
• Kyk die video hier: https://youtu.be/c6Av Vnd_MLs.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie