Cormack, Handura kies, maar onsekerheid knaag
Die NHU maak gereed om sy mans- en vrouespan na Suid-Afrika te stuur.
Tielman van Lill
Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) het sy senior mans- en vrouespanne aangekondig wat die land vanaf 25 tot 27 September in Suid-Afrika by die Afrika-binnenshuise kampioenskap sal verteenwoordig.
Met MTC as hoofborg agter die senior spanne, sal die 24 uitverkose Namibiërs by Balito in KwaZulu-Natal deeglik hul merk kan maak.
Beide spanne is relatief jonk, met ses nuwe onder 20-spelers wat by kaptein Maggy Mengo se gesoute troepe ingeluit is.
Hoewel ietwat jeugdig, was die helfte van die vroue reeds as Afrika-titelhouer by die 2018 binnenshuise Wêreldbeker in Berlyn, Duitsland, in aksie.
Mnr. Erwin Handura, hoofafrigter van die vroue, sê Covid-19-inperkings het die laaste paar weke opnuut sy planne in die wiele gery.
“Dit is ongelukkig nog nie my finale span nie, want ons moes vanaf 13 tot 16 Augustus ’n oefenkamp gehad het om die spelers te evalueer. Maar, met die vlak 3-inperking wat onlangs ingestel is, kon ek nie my finale span kies nie.
“Indien die staatshoof (vandag) die inperkingstatus na vlak 4 wysig, kan ek voor 4 September die finale span aankondig. Om aan die vereistes van die Internasionale Hokkievereniging en Afrika-hokkievereniging te voldoen, was ek verplig om 12 name voor 21 Augustus in te dien.
“Daar is 18 vroue in die oefengroep oor en ek het almal ingelig dat die 12 name nie my finale keuse is nie. Dus is daar plek vir verandering.
“Anri Els en Zanne Mari Niemand is twee spelers van die kus wat vanaf Maart tot Julie nie kon oefen nie. Dit sal onregverdig wees om nie die twee spelers ’n regverdige kans te gee nie.
“Beide van hulle was op 11 Augustus in Windhoek om saam met ons te oefen, maar twee dae later was die inperking na vlak 3 verander en ons moes alles staak. Ons hoop en bid dat omstandighede (vandag) sal verander sodat ek die finale groep volgende week kan aankondig.
“Ek wil graag hê ons moet teen 20 September na Suid-Afrika vertrek om vir vier dae te kan akklimatiseer en oefen. Maar dié plan hang ook in die weegskaal, want die regering en die Namibiese Sportkommissie moet eers toestemming gee.
“Of ons in Suid-Afrika vir 14 dae in kwarantyn geplaas gaan word, is nóg ’n vraag. Alvorens alles nie plaaslik deur die verskeie ministeries uitgepluis en bevestig word nie, sal ons nie in Suid-Afrika kan gaan deelneem nie,“ het Handura verduidelik.
Trevor Cormack, hoofafrigter van die mansspan, sê die 12 name is wel gekies vir die toer na Balito, maar dit kan verander. Daar is reserwes wat nie bekend gemaak is nie, wat voor die sperdatum in die span opgeneem kan word. Cormack sê sy spankaptein sal eers later bevestig word.
Namibië manspan: DJ Strauss, Richter van Rooyen (doelwagters), Ernest Jacobs, Dakota Hansen, David Brits, Nico Neethling, Cody van der Merwe, Liam Hermanus, Damien Schutz, Fagan Hansen, Brynn Cleak, Percy Barthram.
Namibië vroue-oefengroep: 1 Petro Stoffberg, 2 Berencia Diamond, 3 Sonet Crous (doelwagters), 4 Magreth Mengo (kaptein), 5 Gillian Hermanus, 6 Sunelle Ludwig (onderkaptein), 7 Duré Boshoff, 8 Kiana Cormack, 9 Kaela Schimming, 10 Phia Gerber, 11 Tara Myburgh, 12 Celé Wessels, 13 Danja Meyer, 14 Anri Els, 15 Jivanka Kruger, 16 Jerrica Bartlett, 17 Lidia Simon, 18 Zanne Mari Niemand.
Die Afrika-kampioenskap dien as kwalifiserende kompetisie vir die2021 wêreldkampioenskap wat vanaf 3 tot 7 Februarie in Liege, België, aangebied word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie