Corona: Almal moet die ekonomiese skade help beperk
Corona: Almal moet die ekonomiese skade help beperk

Corona: Almal moet die ekonomiese skade help beperk

Dani Booysen
DAVE VILJOEN SKRYF:

Wat veronderstel was om Corona as ‘n virus te hanteer, het die land in ‘n geldmaak-malhuis verander. Geen handskoene, reinigingsmiddels of maskers is beskikbaar nie, maar op die swartmark is dit ten duurste beskikbaar.

Wie ‘n pluimpie moet ontvang, is die departement van landbou. 'n Mens moet eers jou hande was voordat die gebou binnegegaan word. Binnelandse sake gee nog ‘n fantastiese diens, maar arme NaTIS?

Vanaf gister (16 Maart 2020) is hulle toe. Ja, dit is verstaanbaar dat reëlings getref moet word om veiligheidsmaatreëls op te skerp. Maar tot vanoggend (17 Maart 2020) was daar nog geen reëlings in plek nie.

Die amptenary weier om die deure oop te maak. Hulle soek maskers en handskoene.

Ek neem die saak toe op my en vaar die stad in – op soek na die nodige middele. Aen apteek sê dit word net aan hulle kliënte verskaf. 'n Ander apteek het darem handskoene voorsien; ‘n skoonheidswinkel het Dettol voorsien en ek het van my privaat maskers gaan haal en dit aan die amptenary verskaf. Almal was te dankbaar behalwe een dame. Sy het die masker minagtend weggegooi en gesê dat as sy dit aanvaar, gaan NaTIS nie voorsien nie en sy aanvaar nie privaat goed nie. Hel, was ek geskok!

Hierdie virus het nou werkloosheid en luigatgeit veroorsaak. Dit is nou die middel om nie te werk nie, terwyl ons moet hande vat om die ekonomie te versterk.

Die toesighouer kry ek jammer, want die produkte is net nie beskikbaar nie – daar is wel een besigheid wat dit nou gaan vervaardig.

Een ding wat ek nou net nie kan verstaan nie: waarom moet ‘n mens so baie toiletpapier koop? Die mense in die stad het soos mal hase rondgehardloop om alles uit te koop waarop hulle hul hande kon lê. En dit vir ‘n wel ernstige, maar doodgewone snotneussiekte.

Ag nee, julle verarm julself en verryk die rykes.

Wie die skuld rêrig moet kry, is die regering en die grootmaatverskaffers. Toe hierdie virus rugbaar geword het, moes hulle voorsiening gemaak het, maar soos die mens mos maar is, wag hulle tot op nommer 99,9 voordat opgetree word. Dit laat my sommer weer aan die paspoorte dink.

Maar tog bly ek ‘n Namibiër in hart en siel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!