Corona: Geen ontruiming van Namibiese studente
Die ontruiming van buitelanders uit China gaan net meer onsekerheid veroorsaak, sê China se ambassadeur in Namibië.
Henriette Lamprecht
Die verskaffing van maaltye, gesigmaskers en 24-uur hulplyne is van die maatreëls in Wuhan, in China, waar 27 Namibiese studente hulle tans onder kwarantyn in die episentrum van die uitbreking van die coronavirussiekte (covid-19) bevind.
Altesaam 500 Namibiese studente is tans in China.
China se ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, sê alle skole en universiteite in Hubei het “streng en noukeurige” maatreëls ingestel om die epidemie te beheer.
Spesiale werkgroepe is ook gestig om internasionale studente te ondersteun.
Dié hulp sluit in die verspreiding van beskermende drag soos gesigmaskers, die gratis aflewering van maaltye en die aankoop van kruideniersware op inkopielyste wat die studente verskaf.
Volgens Zhang het sowat 41 universiteite en kolleges in Hubei ook 24-uur hulplyne aan studente beskikbaar gestel, wat hulle van raad in hul uitdagende omstandighede bedien.
Zhang sê weens die behoefte daaraan om die epidemie in bedwang te hou, is alle lug-, spoor- en padverbindings met die stad gesluit en kan studente die stad dus nie ontruim nie.
“Volgens kenners van die WHO se evaluering en vanuit 'n professionele perspektief is dit die beste om in Wuhan te bly in plaas daarvan om inderhaas uit die stad verskuif te word. Laasgenoemde sal net meer onsekerheid veroorsaak,” het hy gesê.
SITUASIE WORD GEMONITOR
Intussen het die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, gesê die Namibiese regering het begrip vir Namibiese studente wat hulle tans in China bevind se omstandighede en gevoelens.
Sy het benadruk daar sal, in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se riglyne, geen massa-ontruiming van Namibiërs uit die land wees nie.
Volgens haar is die Namibiese ambassade in Beijing in noue kontak met die provinsiale regering van Hubei om die situasie te monitor.
Nandi-Ndaitwah sê die WHO beveel nie nou die massa-ontruiming van buitelanders uit China aan nie.
Volgens die Chinese owerhede se maatreëls mag die studente op universiteitskampusse beweeg, waar hul koshuise ook geleë is, maar nie buite die grense daarvan nie.
Die maatreëls geld vir almal – ongeag hul nasionaliteit.
“Die maatreëls word veral toegepas in die lig van die feit dat gesigmaskers weens 'n hoë aanvraag nie geredelik beskikbaar is nie,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy het gesê die Namibiese regering het 'n nasionale komitee gestig wat op die land se reaksie op covid-19 fokus.
Namibiese owerhede is ook voortdurend in verbinding met internasionale organisasies soos die WHO om die land se reaksie met internasionale praktyke te laat strook.
“Die regering het begrip vir Namibiese studente in China se gevoelens omdat hulle in nuwe omstandighede is. Ons doen egter 'n beroep op hulle om met die Namibiese ambassade en die relevante Chinese owerhede saam te werk,” het sy gesê.
Sy het Namibië se solidariteit met China opnuut bevestig en die land vir sy “uitmuntende pogings” geprys om die virus in bedwang te hou, asook vir sy voortgesette hulp aan buitelanders, insluitende Namibiese studente.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie