Corona, Opul-twis laat olieprys skerp val
Vrydag se dooiepunt in gesprekke het ontstaan ná Rusland nie wou instem tot Saoedi-Arabië se eis dat Rusland deel in die sny van nog 1,5 miljoen vate per dag nie.
Francois Williams en Bloomberg – Die skerp val in die olieprys sedert verlede week is goeie nuus vir olie-invoerlande soos Suid-Afrika, maar slegte nuus vir olie-uitvoerlande.
Die daling is deels weens die invloed van covid-19 op die internasionale ekonomie wat die vraag na olie demp, maar dit kom ook te midde van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) en sy vennote wat nie Vrydag ’n ooreenkoms oor nuwe produksieperke kon bereik nie.
Opul, ’n kartel wat meestal bestaan uit die groot olieproduserende lande in die Midde-Ooste tesame met ’n paar ander olieprodusente soos Nigerië, Angola en Venezuela, vergader gereeld by sy hoofkantoor in Wene, Oostenryk om oor produksieperke te besluit in ’n poging om oliepryse te stabiliseer.
Vrydag se dooiepunt in gesprekke het ontstaan nadat Rusland, wat nie amptelik lid is van Opul nie maar as groot internasionale olieprodusent ’n strategiese vennoot van Opul is, nie wou instem tot Saoedi-Arabië se eis dat Rusland deel in die sny van nog 1,5 miljoen vate per dag nie.
Opul en sy vennote beheer bykans die helfte van die wêreld se olieproduksie.
Benewens ’n besluit oor die sny van produksie met 1,5 miljoen vate per dag, moes Opul+, soos die groepering van 20 lande bekend staan wat deel uitmaak van Opul en sy vennote, ’n verlenging van ’n bestaande ooreenkoms bekragtig. Dit is om soveel as 2,1 miljoen vate per dag minder te produseer. Dié ooreenkoms is in Desember bereik en dit verstryk aan die einde van Maart. Sonder die bekragtiging om dit te verleng, beteken dit lidlande kan van 1 April af soveel olie produseer en uitvoer as wat hulle wil.
Brent-ruoliepryse het Vrydag in Londen met byna 10% getuimel tot $45,27 per vat – die laagste vlak sedert middel 2017.
West Texas Intermediate, die Amerikaanse olieprysmaatskappy, was Vrydag 10% laer op $41,28. Bloomberg-syfers wys geraffineerde produkte soos verhittingsolie en petrol het op die internasionale kommoditeitsmarkte ook skerp met tussen sowat 7% en 9% geval.
Die invloed daarvan op Suid-Afrikaanse brandstofpryse sal waarskynlik deur die loop van die week gesien word namate die Sentrale Energiefonds sy jongste oor- en onderverhalingsyfers uitstuur wat op die randdollar-wisselkoers en internasionale produkpryse gegrond word. Heelwat van die daling in internasionale brandstofpryse kan na verwagting weggekalwe word deur die swakker rand, wat die afgelope weke skerp van onder R15 teen die dollar tot bo R15,60 verswak het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie