Coronavirus: 1ste geval in Afrika bevestig
Die eerste geval van die nuwe 2019-koronavirus in Afrika is bevestig. Dit is bevestig op ’n kaart wat deur navorsers aan die Johns Hopkins-Universiteit ontwerp is wat data gebruik van die Amerikaanse CDC (Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming), die Wêreldgesondheidsorganisasie, China se CDC en ander bronne wat geografiese-inligtingstelsel-kartering inspan. Die kaart meld ’n geval is Maandag om 22:30 in die Ivoorkus bevestig. Die pasiënt, ’n vrou wat in China studeer, is met haar aankoms Saterdag op ’n vlug uit Beijing in kwarantyn geplaas. Die amptelike dodetal het Dinsdag omstreeks 11:45 op 106 gestaan.
Só het die situasie Dinsdag omstreeks 11:45 wêreldwyd daarna uitgesien wat bevestigde gevalle betref:
China: 4 409; Hongkong: 8; Thailand: 8; Macau: 6; Australië: 5; Singapoer: 5; Taiwan: 5; VSA: 5; Japan: 4;
Maleisië: 4; Suid-Korea: 4; Frankryk: 3; Viëtnam: 2; Kambodja: 1; Kanada: 1; Duitsland: 1; Ivoorkus: 1; Nepal: 1; Sri Lanka: 1. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie