Coronavirus: 80% van begroting uitgeput
Coronavirus: 80% van begroting uitgeput

Coronavirus: 80% van begroting uitgeput

Tensy álle Namibiërs by die stryd teen die pandemie betrokke raak, is die einde nog nie in sig nie, waarsku 'n kenner.
Denver Kisting
Denver Kisting



Teen Dinsdag was 78% van die regering se begroting om Covid-19 te bekamp, uitgeput.

So sê me. Bertha Katjivena, 'n adjunk- uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste.

Dit beteken 'n totaal van nagenoeg N$567 miljoen van die begrote N$727 miljoen om die impak van die pandemie te stuit, is reeds bestee.

Twee weke gelede het dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, by Staatshuis gesê in daardie stadium is meer as N$400 miljoen – 59% – reeds bestee.

Tydens die daaglikse Covid-19 ­Update-program op nasionale televisie (nbc) het Katjivena Dinsdagaand erken meer geld is dringend nodig vir die stryd teen die siekte.

Sy sê die grootste uitgawes is infeksievoorkoming en -beheer. Dit sluit in die verkryging van persoonlike be­skermende toerusting (PPE's), handreinigers, skoonmaakmiddels en die oprig van gesondheidsgeriewe.

Ander groot uitgawes, sê Katjivena, hou verband met die opsporing van kontakte en ondersoeke van gevalle en gevallebestuur. Die senior beampte sê kwarantyngeriewe en bedryf- en logistieke steun jaag ook die uitgawes op. Volgens haar het die fondse reeds teen Junie skraps begin word wat meegebring het dat die begroting toe reeds hersien moes word. “Aanvullende befondsing sal benodig word om die pandemie te pak,” sê sy.



CDC maan Namibiërs

Dr. Eric Dziuban, die plaaslike verteenwoordiger van die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC), het gister gemaan álle Namibiërs moet nou hul steun aan die stryd toesê. “Die koers van nuwe gevalle is op die oomblik hoog in Namibië, veral in Windhoek. Ons het tans te make met die situasie waarin baie stede in die wêreld reeds in April of Mei verkeer het. Ons is beter voorbereid as wat ons toe sou gewees het, maar die grootte van dié krisis is steeds baie hard vir 'n bevolking van hierdie omvang.

“Omdat daar so baie gemeenskappe in Namibië is wat nog nie wydverspreide oordrag ervaar het nie, is daar steeds ruimte vir ons situasie om veel erger te word. Maar dit hoef nie so te gebeur nie. Deur te leer uit Walvisbaai, Swakopmund en Windhoek, het ons die geleentheid om groot uitbrekings in ander dele van die land te voorkom.”

Dziuban meen dit kan nog etlike weke duur voor die virus sy piek in die land bereik. “Sou alle Namibiërs saamstaan om die virus te onderdruk, kan die ergste teen einde September agter ons wees.”

Intussen sal pres. Hage Geingob na verwagting voor die einde van dié week die land toespreek oor die regering se voortgesette maatreëls om die verdere verspreiding van die virus te probeer keer.

Die huidige sestien dag lange regime, wat 'n aandklokreël vir Windhoek, Rehoboth, Okahandja, Walvisbaai, Swakopmund en Arandis ingesluit het, loop Saterdag om middernag ten einde.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!