Coronavirus: Meer as 560 mense al dood
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê honderde kenners sal volgende week in Genève vergader sodat hulle ’n strategie kan saamstel.
Die dodetal weens die nuwe 2019-coronavirus (2019-nCoV) in China het Donderdag met 73 gevalle gestyg en staan tans op 563 mense wat dood is.
Die getal mense wat wêreldwyd 2019-nCoV opgedoen het, staan tans op 28 256 gevalle, terwyl meer as 28 000 van daardie gevalle nét in China is.
Twee gevalle van mense wat reeds buite China aan die nuwe coronavirus – wat reeds in Desember 2019 in Sentraal-China in die stad Wuhan uitgebreek het – dood is, is sedert die naweek in die Filippyne en Hongkong aangemeld, terwyl meer as 20 lande reeds gevalle van die virus aangemeld het.
Duisende passasiers op twee plesierskepe is ook Woensdag in isolasie geplaas en vir 2019-nCoV getoets.
Op die eerste skip, Diamond Princess, is meer as 3 700 mense buite die hawestad Jokohama in Japan in isolasie gehou. Hulle is sedertien na mediese fasiliteite oorgeplaas waar hulle ook geïsoleer sal bly. Die virus is aanvanklik by tien mense aan boord van die plesierskip gediagnoseer, maar Japan se departement van gesondheid sê nog tien mense het intussen positief getoets vir 2019-nCoV.
Drie mense aan boord van ’n skip in Hongkong het ook intussen positief getoets en gevolglik is die 3 600 passasiers aan boord ook as voorsorgmaatreël getoets.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sê honderde kenners sal volgende week in Genève, Switserland, vergader sodat hulle ’n strategie kan saamstel om die virus te beveg.
Die nuwe 2019-coronavirus het vermoedelik weens die onwettige handel in wild by ’n mark in Wuhan in die Hubei-provinsie uitgebreek. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie