Coronavirus se impak dalk erger as diu00e9 van Ears
Coronavirus se impak dalk erger as diu00e9 van Ears

Coronavirus se impak dalk erger as dié van Ears

Bloomberg – Die invloed van die jongste coronavirus wat in China uitgebreek het, kan moontlik groter wees op dié land se ekonomie as die Ears- (ernstige akute respiratoriese sindroom) virus van die vroeë 2000’s.

Die batebestuursgroep Nomura verwag dat China se BBP-groei in die eerste kwartaal wesenlik laer kan wees as die 6% waarteen dit in die vierde kwartaal gegroei het.

Lu Ting, ’n ekonoom van Nomura, skryf in ’n nuusbrief die ekonomiese groei kan nou dalk skerper verlangsaam as wat dit in die tweede kwartaal van 2003 gedoen het.

Hy verwag die Chinese regering sal ondersteuning verskaf aan ondernemings wat erg getref is deur die uitbreking deur byvoorbeeld rentekoerse te verlaag en leningsgeriewe beskikbaar te stel. Hy meen egter dit is onwaarskynlik dat hierdie stappe voldoende gaan wees om die uitwerking op die ekonomie te versag.

Die grootste invloed is op die stad Wuhan met sy 11 miljoen inwoners. Die stad is in isolasie nadat die nuwe coronavirus daar uitgebreek het.

Sy ekonomie van $214 miljard dra sowat 1,6% tot die nasionale BBP by. Wuhan is ’n belangrike sentrum vir die motor- en staalbedryf.

Nomura verwys na ander belangrike vervaardigingstreke wat maatskappye verbied het om voor 9 Februarie hul bedrywighede te hervat, wat die uitwerking op nywerheidsproduksie vererger.

Nomura meen egter ook dat die skok vir die ekonomie moontlik net tydelik sal wees en dat ’n “V-vormige” herstel daarop kan volg danksy opgehoopte vraag en produksie nadat die virus onder beheer gebring is. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!