Cosafa 'n prioriteit vir land, su00ea Mannetti
Cosafa 'n prioriteit vir land, su00ea Mannetti

Cosafa 'n prioriteit vir land, sê Mannetti

Sokker
Die Tafel Lager Brave Warriors sal opnuut hul stempel by die 2018 Cosafa-kampioenskap in Polokwane, Suid-Afrika, wil afdruk. Die toernooi duur vanaf 27 Mei tot 9 Junie, met Namibië wat op 2 Junie betrokke raak.

Namibië se senior nasionale manspan het in 2015 geskiedenis gemaak toe hoofafrigter Ricardo Mannetti se Krygers die Raad van Sokkerverenigings van Suidelike Afrika (Cosafa) se kampioenskap vir die eerste keer ingepalm het. Hulle het in die finaal met 2-0 teen Mosambiek gewen.

Sedertdien kon Namibië nie dié sukses herhaal nie. Die volgende jaar in Windhoek is hulle nie veel ruimte gegun nie en onseremonieel uitgeboender en moes met die plaattitel tevrede wees.

Verlede jaar was Mannetti se troepe nie op standaard nie, met sekere spelers wat glo onmin veroorsaak het. 'n Ligpunt was wel tydens die debuut by die Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN) in Januarie 2018 in Marokko, waar die Warriors hul koppe opgetel het om hul ondersteuners nuwe moed te gee.

Mannetti onthou die Cosafa-finaal van 2015 soos gister.

“Dit was fantasties om Namibië weer op sportgebied te verenig, want sport en veral sokker gee die mense nuwe hoop. Ons het geskiedenis gemaak toe ons die beker omhoog gelig het en mense het weer in ons as span begin glo. Daar was tot in daardie stadium 'n klomp vrae oor my as afrigter en oor die span, maar al die vrae is met dié oorwinning uit die weg geruim,” het die breier vertel.

Mannetti het laas Saterdag die eindstryd van die 2018 Debmarine-beker tussen African Stars en Unam Sokkerklub in Windhoek bygewoon, waar 'n puik speler soos Marcel Papama raakgesien is om as speler van die reeks bekroon te word.

Mannetti het beslis nie om dowe neute met 'n arendsoog na elke speler se vertoning gekyk nie.

“Daar is vir my nie veel ruimte om met die span te eksperimenteer nie, want vir ons by die Namibiese Sokkervereniging en die Brave Warriors is die Cosafa-beker baie belangrik. Ons wil dit graag elke keer wen as ons daaraan deelneem en die sterkste moontlike span sal gekies word.

“Ons kan nie in Polokwane met proefnemings waag nie; ander lande kan wel, want hulle het soveel meer topklas spelers as ons beskikbaar.”

In 2017 het Namibië die Cosafa plaatfinaal teen Suid-Afrika verloor.

“Ek was verlede jaar glad nie gelukkig met die span nie. Daar was sekere elemente wat die kleedkamer verdeel het en dit het die span se vertonings op die veld beïnvloed. Ek sal nie weer toelaat dat onmin gesaai word nie. Dit is ononderhandelbaar. Daar is goeie spelers wie se name hulle vooruit loop, maar wat glad nie goed vir die moraal van die span is nie.

“Ek sal nie weer met 'n speler werk wat 'n houding het nie. Sodra 'n speler hom verbeel hy is groter as sokker of die land, kry hy nie my regmerkie nie. Dit is my bestuurstyl. Ek vat eerder 'n gemiddelde speler wat met 'n positiewe denkwyse bereid is om as lid van 'n span saam te werk.

“Ná elke toernooi word elke speler onder die vergrootglas geplaas om te kyk wat sy bydrae was,” het Mannetti verduidelik.

Namibië stap op 2 Junie teen Zambië in een van vier kwarteindstryde op die veld. In nog 'n kwart­eindstryd sal Lesotho en Swaziland op 3 Junie swaarde kruis. In die ander twee uitklopstryde durf Suid-Afrika die wenner van kwalifiserende groep A aan en Zimbabwe die wenner van groep B.

Groep A is Madagaskar, Mosambiek, Comore en Seychelle, terwyl groep B uit Angola, Botswana, Mauritius en Malawi bestaan.

Mannetti se voorlopige spelersgroep: Ratanda Mbazuvara (African Stars), Maximillian Mbaeva (Golden Arrows), Edward Maova (Civics), Ferdinand Karongee (Tigers), Vitapi Ngaruka (Black Africa), Tiberius Lombard (Lusaka Dynamos), Danzil Haoseb (Jomo Cosmos), Donovan Kanjaa (Young African), Riaan Hanamub (Orlando Pirates), Charles Hambira (Tura Magic), Emilio Martin (Black Africa), Ananias Gebhardt (Jomo Cosmos), Ronald Ketjijere (African Stars), Gustav Isaak, Absalom Iimbondi (beide Tigers), Ikuaterua Hoveka (Young African), Wangu Gome (Platinum Stars), Marcel Papama (Unam), Willem Pinehas (Eleven Arrows), Peter Shalulile (Highlands Park), Deon Hotto (Bloemfontein Celtic), Panduleni Nekundi (African Stars), Itamunua Keimuine (Tura Magic).

 - www.cosafa.com

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067