Cosafa-toernooi sneuwel, maar Bafana-stryd is aan
Sokker
Namibië se Brave Warriors sal Dinsdag met ’n gehuurde vlug na Suid-Afrika vertrek vir hul vriendskaplike wedstryd twee dae later teen Bafana Bafana in Rustenburg.
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA) het vandeesweek die vriendskaplike internasionale wedstryd bevestig. Aangesien die Raad van Suidelike Afrika-sokkerverenigings se Cosafa-bekertoernooi in geheel gekanselleer is, is dié uitdaging ’n welkome uistappie vir die Warriors wat vir hul kwalifiserende wedstryde aanstaande maand in die Afrika-Nasiebeker (Afcon) moet begin slyp.
Mnr. Franco Cosmos, waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NFA), het die nuutste verwikkelinge bevestig.
“SAFA het ons die groen lig vir die vriendskaplike ontmoeting teen Bafana Bafana gegee. Die Cosafa-beker moes vroeg in Oktober plaasgevind het, maar weens die omstandighede buite ons beheer is dié kampioenskap van die baan. Ná die wedstryd teen Suid-Afrika kom die Warriors terug om vir die Afcon-kompetisie voor te berei,” het Cosmos gesê.
Bobby Samaria, waarnemende hoofafrigter van die Warriors, het onlangs 34 spelers na sy oefenkamp genooi, maar slegs ’n uitgesoekte groep sal na die buurland vertrek.
“Ek sal Maandag my finale span aankondig om teen Bafana Bafana op te stap. Die spelers is uitgehonger en maak dit vir my moeilik om tussen hulle ’n span te kies,” het Samaria verduidelik.
- www.nfa.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie