Cosatu wil MultiChoice boikot
DStv se alleenreg om Springbok-rugby regstreeks uit te saai en 'n hele aantal ander klagte gaan straks voor die owerhede draai.
Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, sê die vakverbond gaan 'n art. 77-aansoek na Nedlac bring om MultiChoice, wat DStv bedryf, se “immorele” gedrag stop te sit.
Die eis is dat MultiChoice teen einde Februarie veranderinge teweegbring.
Ehrenreich het by navraag gesê hulle hoop dat die saak voor Nedlac afgehandel sal word voordat die Engelse rugbyspan in Junie in Suid-Afrika kom toer. Cosatu wil hê die uitsaairegte vir Springbok-rugby “moet van MultiChoice weggeneem word en aan die openbare uitsaaier (die SAUK) gegee word”.
Indien MultiChoice nie wil besgee nie, gaan die vakverbond se lede by rugbywedstryde betoog, mense vra om DStv te boikot of om “subskripsie-vakansies” te neem.
'n Art. 77-aansoek voor Nedlac behels 'n klag oor 'n maatskaplik-ekonomiese aangeleentheid, teenoor 'n aansoek wat 'n werkgewer en werknemers betrek oor 'n wedersydse vraagstuk soos oor lone of diensvoorwaardes.
Nedlac, die bedingingsliggaam wat uit die staat, sake- en arbeidsektor bestaan, probeer 'n vergelyk beredder oor so 'n aansoek, maar indien dit nie slaag nie, kan die vakverbond oorgaan tot wettige protesaksie.
Benewens die feit dat DStv die alleenregte gekoop het om regstreekse Springbok-rugbywedstryde uit te saai, kla Cosatu oor die aantal herhalings op DStv, DStv se nuusaanbod en dat MultiChoice “ingemeng het in die migrasie na digitale televisie en (sy) maatskappy se belange in die oorgang probeer bevorder het”.
Die ope brief word aan Media24 vir die aandag van Koos Bekker “oor die gedrag van jou maatskappy” gerig.
Bekker is die nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, MultiChoice se moedermaatskappy, maar dien nie self in MultiChoice se direksie nie.
Ehrenreich het by navraag gesê dis verkeerdelik gedoen.
ANN7
In 'n ironiese wending kla Ehrenreich dat die nuuskanaal ANN7 se kontrak einde Augustus beëindig word. “Ek kolf nie vir die Guptas (vorige eienaars van die kanaal) of Jimmy Manyi (Mzwanele Manyi, die nuwe eienaar) nie. Mense het die reg om af te skakel. Maar DStv moenie net ophou om vir 'n nuuskanaal 'n platform te gee nie.”
DStv was einde Desember juis onder skoot omdat hy ANN7 'n platform gegee het.
Ehrenreich sê boonop daar is baie meer programme op DStv wat Afrikaans en die “wit kultuur” weerspieël as ander tale en kulture. Ehrenreich sê in sy verklaring Suid-Afrika gaan 'n “nuwe fase geïnspireer deur pres. Cyril Ramaphosa binne”.
Hy sê korporatiewe wanbestuur en korrupsie moet in al sy vorme uitgewis word en hy voel nie dis onbillik om al dié regstellende optrede van MultiChoice te verwag nie.
Hy verwys na die “diefstal” van miljarde rande se pensioenfondsgeld by Steinhoff en die Viceroy-verslag oor Capitec, “wat nog nie onskuldig bewys is wat my betref nie”, en sê: “Ons moet baie nader kyk na wat in die Stellenbosch-mafia en ander maatskappye aangaan.”
• Meloy Horn, Naspers se hoof van beleggersbetrekkinge, sê hulle “neem kennis van die brief en Cosatu Wes-Kaap se griewe”.
• n Woordvoerder van MultiChoice het later gesê: “Ons het geen kommentaar nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie