Cosmos reik na die sterre
Octavia Tsibes
Cosmos Hoërskool se naam is afgelei van die woord “kosmopolities”.
Hierdie woord beteken om nie beperk te wees tot 'n seker nasionaliteit nie. 'n “Kosmopoliet” is 'n ruim van gees wêreldburger.
Cosmos verwelkom leerlinge uit alle rasse, nasionaliteite en kulture. Die skool bestaan uit 700 leerlinge, 35 onderwysers en twee tolke.
In 2008 het die skool baanbrekerswerk gedoen deur die eerste gehoorgestremde leerling in 'n hoofstroomskool in te skryf. In 2016 het Naapopye Uulenga, 'n gehoorgestremde leerling van Cosmos Hoërskool, by die Universiteit van Namibië (Unam) ingeskryf om 'n graad as 'n onderwyser te verwerf.
Mnr. Eben Makari is in 2012 as skoolhoof aangestel. “Ons het 'n paar keer trofeë vir sokker gewen, selfs al het ons nie ons eie sportveld nie,” vertel Makari. Volgens hom probeer die skool fondsinsamelings vermy om nie bykomende finansiële druk op ouers te plaas nie.
Die skool probeer volgens Makari om met die bietjie wat hulle het hul kapasiteit te verbreed en werk hard om te verseker dat leerlinge hul volle potensiaal bereik.
Die leerlingraad bestaan uit 16 lede met twee voogde wat leiding bied. Die leerlingraad bestaan uit graad 11's en graad 12's wat na skool leiers in die gemeenskap wil word.
“Dissipline is een van die belangrikste kwessies in baie van Namibië se skole,” sê die hoofseun, Steven Haihambo. “Ons probeer baie hard om ongedissiplineerdheid in ons skool uit te roei. Dit kan nie oornag gebeur nie, maar met groot moeite probeer ons vordering maak.” verduidelik hy.
Naomi Nawemas, sekretaresse van die leerlingraad, sê die skool bestaan uit leerlinge met baie verskillende persoonlikhede.
Volgens haar moet jy jouself in iemand anders se skoene plaas om hulle beter te verstaan.
“Ons moet weet hoe om die leerlinge te behandel,” sê sy. “Soms kan mense soos delikate blomme wees en daarom is dit belangrik om altyd met deernis op te tree”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie