Cota-hoogtepunt: Concerto-fees weer aangebied
Die Concerto-fees wat op Vrydag 14 en Saterdag 15 Augustus plaasvind, is een van die jaarlikse hoogtepunte op die College of the Arts (Cota) se kalender.
In klassieke musiek verwys concerto na 'n musikale optrede waar een of meer soliste deur 'n orkes begelei word. Die solis kry dan ook kans om sy of haar tegniese en musikale vaardighede ten toon te stel. Vanjaar se deelnemers is gekies nadat hulle 'n oudisie voor 'n paneel beoordelaars van die Bloemfonteinse Universiteit moes doen.
Die soliste vir die Concerto sluit ? hele klomp nuwelinge in: Carissa Esslinger (12) en Nadine Baas (15) speel blokfluit-concerto’s, Nancy Jian (17) en Christina Park (15) speel albei Haydn Klavier-concerto’s en Helarius Kisting (21) speel ? werk deur Verdi. Lyvodia #Ouses sing duette saam met onderskeidelik Marieth van Wyk en Eslon Hindundu. Beide Hermano Canga en Joaqui Paulus sing solostukke uit operas van Mozart.
Vanjaar sal dit die derde keer wees dat Eike Coetzee (13) as vioolsolis by die Concerto-fees optree. Charlotte Meaden-Torbitt is ? oudstudent van Cota, maar neem nog gedurende vakansies fluitlesse by Hans-Peter Drobisch. Dit sal haar sewende keer wees dat sy as fluit-solis saam met die orkes optree.
Nicole D’Oliveira is die genooide violis-solis. Sy kom van Swakopmund en het reeds as skolier as solis in die Concerto Festival gespeel. In 2014 het sy haar nagraadse studies aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, waar sy gereeld as violis in die Kaapse- en Oos-Kaapse Filharmoniese Orkes speel. Die gehoor kan uitsien na die besonderse Bruch Concerto in G-mineur deur Nicole.
Alexander Fokkens van Kaapstad sal die dirigent vir die Namibiese Nasionale Simfonie-orkes (NNSO) wees. Hy is 'n uiters begaafde musikus wat die vermoë het om soliste sowel as orkeslede te inspireer om musiek van die hoogste gehalte te lewer.
Die Concerto-fees vind om 19:00 in die Nasionale Teater van Namibië (NTN) plaas en kaartjies kan vooraf by die NTN se kaartjiekantoor of by Computicket teen N$100 vir volwassenes en N$50 vir kinders en pensionarisse gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie