Cota is wêreld se topkoor
Tanja Bause
Vir die eerste keer in die 10 jaar van die Wêreldkoorspele se bestaan is 'n Namibiese koor as wêreldkampioen aangewys.
Die Wêreldkoorspele is die Olimpiese Spele vir sport se eweknie vir kore.
Die Kollege van die Kunste (Cota) se jeugkoor is as wêreldkampioen in die afdeling vir volksmusiek met begeleiding aangewys.
Hulle het ook twee goue medaljes en een silwer medalje verower. Volgens mnr. Fanie Dorfling, die koor se dirigent, is dit die derde keer dat Cota aan die Wêreldkoorspele deelneem.
“Dit is die 10de jaar wat die kompetisie gehou word en die eerste keer dat dit op die Afrikavasteland gehou is. Dit is vir ons 'n groot voorreg om as wêreldkampioen aangewys te word. Ek is geweldig trots op my koor en ook op die borge en my komitee wat die deelname moontlik gemaak het,” het hy gesê.
Cota se jeugkoor bestaan uit 41 lede, wat volgens Dorfling 'n klein koor is.
“Daar was kore van oor die 100 lede wat deelgeneem het. Nóg meer rede om trots te wees,” het hy gesê.
Die CGals-vrouekoor van Walvisbaai en Swakopmund het een silwer medalje en twee brons medaljes tydens dieselfde kompetisie gewen.
Volgens me. Wilna Liebenberg, die koor se dirigent, bestaan die koor uit 26 lede van 13 tot 70 jaar, en het hulle vanjaar vir die eerste keer in die kampioenafdeling deelgeneem.
“Die vorige twee kere wat ons deelgeneem het, het ons in die ope kategorie deelgeneem. Die kampioenafdeling is van 'n baie hoër gehalte en ons kompeteer teen van die beste kore ter wêreld. Ons het byvoorbeeld teen Noorweë se Cantus-koor meegeding. Hulle het die agtergrondsang vir die fliek Frozen gedoen,” het sy gesê.
St. George's Diocesan-skool se senior koor het twee silwer diplomas ontvang.
Volgens me. Jolanda Amoraal, hul dirigent, bestaan die koor uit 87 kinders en was dit die eerste keer dat baie van die kinders op 'n vliegtuig was en buite die landsgrense gereis het.
“Dit is die eerste keer dat ons aan die Wêreldkoorspele deelneem en ek is baie trots op ons silwer diplomas,” het sy gesê.
“Dit was vir ons almal 'n ongelooflik trotse oomblik toe Namibië se volkslied speel nadat Cota as wêreldkampioen aangekondig is,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie