Cota staan saam teen kanker
Die College of the Arts (Cota) is besig om hul vere reg te skud vir hul jaarlikse Christmas Memories-konsert ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN). Die konsert sal op 17 en 18 November om 19:30 in Pionierspark se NG Kerk plaasvind.
Pragtige kersmusiek deur senior sangstudente, ‘n optrede deur die Cota-jeugkoor onder leiding van Fanie Dorfling, asook samesang deur lede van die gehoor, is op die program.
Soos verlede jaar, sal daar ook ‘n volledige werk vir koor, soliste en ’n orkes uitgevoer word.
Vanjaar se werk is die Stabat Mater (Die lyding van Maria by die Kruis van Jesus) van Pergolesi.
Die Stabat Mater is vir ’n vrouekoor en vrouesoliste geskryf.
Femme Vokale, Fanie Dorfling se vrouekoor, en die Namibiese Kamerensemble, gelei deur Jürgen Kriess en die bekende Johan Pieterse op die orrel, sal dié klassieke werk opvoer.
Soliste sluit in Marieth van Wyk, Lyvodia #Ouses en Elfrida Chipeio. Al drie is welbekend aan Namibiese gehore.
Fanie Dorfling sal as dirigent optree. As die Cota-jeugkoor en Femme Vokale se dirigent het hy al heelwat intenasionale erkenning ontvang.
Fanie is tans besig met sy M-Mus graad in koorleiding aan die Nelson Mandela-universiteit onder leiding van Peter en Junita van Dijk.
Hierdie konsert dien as eksamineringsgeleentheid vir Fanie.
Kaartjies is N$100 vir volwassenes en N$50 vir kinders en pensioenarisse, en sal by Hermien Vries van Cota of by die deure beskikbaar wees.
Na afloop van die konsert sal ‘n verdere insameling ten bate van CAN gehou word.
Vir verdere inligting, skakel Hermien Coetzee by 0812603396.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie