Covax: Sowat N$200 miljoen vir entstowwe
Covax: Sowat N$200 miljoen vir entstowwe

Covax: Sowat N$200 miljoen vir entstowwe

’n Verantwoordbaarheidsverslag oor Namibië se reaksie op die Covid-19-pandemie is aan die kabinet voorgelê.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Die aankoop van coronavirus-entstowwe deur die Covid-19-entstof Globale Toegangsgeriewe (Covax) om 20% van die Namibiese bevolking teen die siekte te immuniseer, sal die regering minder as N$200 miljoen uit die sak jaag.

Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is alles op koers vir die land om sy deel van die entstowwe te kry. Namibië is deel van Covax wat deur Gavi, die Entstof Alliansie, gelei word.

Nangombe was aan die woord in Staatshuis tydens die bekendmaking van die nuutste riglyne om die Covid-19-pandemie in die land hok te slaan.

Covax is ’n globale poging om veilige en doeltreffende entstowwe aan te koop en af te lewer op ’n versnelde tydsraamwerk om dié met die hoogste risiko eerste te beskerm. Aanvanklike dosisse sal sodanig versprei word om gesondheidswerkers te immuniseer, gevolg deur bevolkings wat in hoërisikogroepe vir Covid-19 is.

Volgens Nangombe moet die land ’n voorafbetaling van 15% (N$29 miljoen) maak. Met betrekking tot laasgenoemde is die land “in ’n proses van interaksie” met Covax.

“Ons moet aan ons eie reëls en interne prosesse voldoen. Sodra dit voltooi is, sal die betaling gemaak word; alles is op koers,” het hy gesê. Die kommunikasiestrategie oor die entstof sal binnekort deur die ministerie bekend gemaak word.

Met verwysing na ’n onlangse studiebevinding deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) dat die antivirale medikasie remdesivir nie gehospitaliseerde Covid-19-pasiënte help nie, het Nangombe gesê die ministerie is besig met die evaluering van die navorsing en kenners sal hulle vervolgens adviseer oor die doeltreffendheid daarvan al dan nie.

Remdesivir word wêreldwyd en ook plaaslik vir uiters siek en kritieke pasiënte gebruik, met ’n vroeëre studie wat getoon het dit verkort dié pasiënte se hersteltyd met gemiddeld vyf dae.

Nangombe sê nadoodse toetse vir Covid-19 word tans “uit oormatige versigtigheid” gedoen om te verseker dat die liggaam reg hanteer word en daar geen risiko vir infektering is vir dié wat die liggaam hanteer nie.

“Sou die liggaam positief toets, moet dit in ooreenstemming met riglyne vir ’n veilige begrafnis gedoen word,” het hy gesê.

Nangombe sê die ministerie se verantwoordbaarheidsverslag vir Covid-19 is aan die kabinet voorgelê en is tans by die kantoor van die ouditeur-generaal vir ouditdoeleindes. Sodra dit voltooi is, sal dit openbaar gemaak word.

Die minister, dr. Kalumbi Shangula, het op sy beurt gesê die land ondersoek tans die gebruik van blitstoetse (“diagnostiese vermoëns”) in ’n poging om die opspoor van kontakte en isolasie van positiewe Covid-gevalle te versnel.

Shangula sê die ministerie sal bykomende voltydse gesondheidswerkers by grensposte ontplooi, veral by die punte met die hoogste reisverkeer. Die ministerie ondersoek ook elektroniese en gerekenariseerde platforms vir die bestuur van aankomende passasiers en om hul verdere reise vanaf die betrokke grenspos te bestuur. Vroeë waarskuwingsaanwysers word ook ontwikkel om die tekens van ’n moontlike tweede golf Covid-gevalle vroeg genoeg te identifiseer.

Die kabinet het ook volgens hom vroeër die instelling van ’n Nuwe Benadering tot die pandemie in reaksie tot die opheffing van die noodtoestand goedgekeur. Dit het ten doel om ’n meer gekoördineerde manier te verseker om te evalueer en te oorweeg in die stryd teen die siekte.

Pres. Hage Geingob het by dieselfde geleentheid gesê uit die totale 12 367 Covid-gevalle wat in Namibië aangeteken is, het 85% (10 528) herstel. Tans is 14% (1 707) van die gevalle aktief.

Volgens Geingob het die land tot nou 132 Covid-verwante sterftes (1% van die totale gevalle) aangeteken. Geingob sê in die laaste vier weke is ’n 40%-afname in Covid-verwante sterftes aangeteken. Op nasionale vlak was daar ’n 61%-afname in die aantal nuwe gevalle. Twaalf uit die 14 streke het óf ’n afname of geen gevalle aangeteken nie.

Volgens Geingob het 352 leerlinge en meer as 300 gesondheidswerkers reeds positief getoets. Tot op hede is 117 759 weefselmonsters getoets, wat Namibië derde in Afrika plaas in terme van toetsing per 1 000 inwoners. Net Marokko en Suid-Afrika het meer getoets.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.29 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.82 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.73/OZ UP +0.88% | Copper US$ 4.38/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 953.90/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 85.70/BBP UP +0.55% | Platinum US$ 1 003.27/OZ DOWN -0.0052 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.29 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.82 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.73/OZ UP +0.88% | Copper US$ 4.38/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 953.90/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 85.70/BBP UP +0.55% | Platinum US$ 1 003.27/OZ DOWN -0.0052