Covid: 177 gevalle by St. Boniface
Kenya Kambowe op Rundu
St. Boniface College, die toppresterende skool in die land, het klasse opgeskort nadat 167 leerlinge, ses onderwysers en vier ander personeellede positief vir Covid-19 getoets het.
Intussen het die streek vier onderwysers en 'n ander personeellid aan die virus afgestaan.
Mnr. Fanuel Kapapero, die onderwysdirekteur in die Kavango-Oosstreek, het dit bevestig en Maandag aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê sewe skole in die streek – insluitend St. Boniface – het aangesig-tot-aangesig-onderrig weens die hoë aantal positiewe gevalle opgeskort.
Die ses ander skole is Rukonga Vision School, Noordgrens Gekombineerde Skool, Rundu Junior Primêre Skool, Andreas Kandjimi Primêre Skool, Sarusungu Gekombineerde Skool en Sarusungu Junior Primêre Skool.
Kapapero het gesê aangesien St. Boniface en Rukonga koshuise het, is alle belanghebbendes wat positief getoets het tans in isolasie.
“Ja, hulle is by die skool, maar word geïsoleer van dié wat nie positief is nie,” het Kapapero gesê.
Leerlinge wat op Noordgrens vir klas opgedaag het, is weggewys as gevolg van die groot aantal onderwysers van die skool wat tans in isolasie is.
Skole sal volgens beplanning Vrydag sluit en weer op 26 Julie vir die derde termyn begin.
Volgens Kapapero is oorvol klaskamers, veral op Rundu, een van die pandemie-verwante uitdagings wat die streek tans in die gesig staar.
Selfs wanneer leerlinge in groepe verdeel word en om die beurt skool toe gaan, is die getal steeds hoog, wat nie in lyn is met die gesondheidsprotokol vir die bekamping van die pandemie nie, het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie